Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ontmoet die kandidate vir wyk 21

Die kandidate van ses politieke partye gaan op Woensdag 19 Junie meeding om die setel as raadslid in die munisipale tussenverkiesing in wyk 21.

Die setel is vakant sedert die afsterwe van die DA-raadslid Taki Amira in Maart.

Die kandidate is (in alfabetiese volgorde volgens hul partye): Shagon Jacobs (ANC), Hendri Terblanche (DA), Kenneth Brookes (Democratic Independent Party), Ruben Botha (Economic Freedom Fighters), Carin Brynard (Kaapse Party) en Lucinda Valentine (The Organic Humanity Movement)

Terblanche (43), ’n finansiële bestuurder en al sedert 2015 ’n Eversdal-inwoner, het bekendheid verwerf vir sy bydrae tot die wysiging van die arbeidswet sodat pa’s kraamverlof kan neem, asook tans vir ouerversorgingsverlof. Dit het gekom ná hul tweeling in 2013 drie maande te vroeg gebore is. Toe sy skoonma haar stryd teen kanker verloor het, sy pa met Parkinson se siekte, en sy ma met meervoudige sklerose gediag-noseer is, het hy sy stryd om ouerversorgingsverlof begin.

Hy het in 2016 die Eversdal-belastingbetalersvereniging gestig en was van 2015 tot 2018 lid van die Wes-Kaapse drankowerheid se beheerraad. Van 2013 tot 2016 was hy ondervoorsitter van die Karl Bremer-hospitaal se gesondheidsfasiliteitsraad en in 2017 voorsitter van dié raad.

In 2017 het hy die Eversdal Service Request Whatsapp-groep begin waarop inwoners probleme soos foutiewe straatligte en gebarste pype kan aanmeld.

Hy beoog om te luister na die inwoners se kwessies en wil voortgaan om die gemeenskap te dien; verseker dat basiese dienslewering op standaard is en met alle rolspelers saamwerk vir gemeenskapsveiligheid.

“Ek sal inwoners betrek as aktiviste en vrywilligers om ’n bemagtigende omgewing te skep waarin almal saamwerk tot voordeel van die gemeenskap.”

. Brookes (37) van die Helderberg-omgewing het meeste van sy 19 jaar diens in nooddienste in die noordelike voorstede gewerk. Hy is tans betrokke by die Small Business Forum, die Cape Town Highway Safety Forum, ’n buurtwag, ’n gemeenskapsveiligheidsprojek, gemeenskapsuitreikprogramme en inwonersklagtes.

Hy onderneem om as raadslid in 20% van sy salaris aan gemeenskapsorganisasies te gee. Hy sal hom ook beywer daarvoor dat wykstoekennings ten bate van buurtwagte en gemeenskapsorganisasies aangewend word. Hy wil kleinsakeforums begin waarop plaaslike ondernemings kan adverteer om hul inkomste te vergroot en om werk te skep.

Ander oogmerke as raadslid is deursigtige begrotings waarin gemeenskappe insae kan hê; om plaaslike ondernemings met tenderprosedures te help; effektiewe straatskoonmaakprogramme; bystand om LPR- en CCTV-kameras te vermeerder; en om onwettige storting hok te slaan.

. Botha (57) van Ravensmead sê hy kom uit die politieke agtergrond van die ANC en UDF en is tans aktief binne die EFF.

Hy dien as tesourier op die Ravensmead-gemeenskapspolisiëringsforum. Hy is ook betrokke by die monitering en evaluering van projekte in die departement sport en kultuur van die Wes-Kaapse regering.

Hy was verlede jaar baie betrokke met hulp aan die slagoffers van vloede in Ravensmead.

“Wyk 21 is ’n rykmansarea en stel nie belang in die EFF nie. Dis ons persepsie om ons ideologie ook in welgestelde gebiede te verkondig. Dit sal my doel wees om mense wat bedreig voel deur die EFF, se ingesteldheid te verander,” het hy gesê.

. Brynard (57) van Vredekloof het 11 jaar ondervinding in die Kaapse Stadsraad. Sy dra die titel van raadsheer weens haar vele uitvoerende posisies en aantal jare in die Stad Kaapstad onder die vaandel van die DA. Volgens haar het sy bedank as DA-lid in 2017 weens gewetensbesware. “Ek sal fokus op gemeenskapskwessies en ook die gemeenskaps se onafhanklike verteenwoordiger wees in forums van die stadsraad.

“As lid van die Kaapse Party sal ek onafhanklik kwessies kan dryf, aangesien dit die Kaapse Party se visie is dat beleid deur die mense daargestel word en nie deur loopbaanpolitici, wat beleid op kiesers afdwing nie.

“Die Kaapse Party is die enigste party wat met ’n werkbare oplossing vorendag kom. Ek glo geensins meer die leë beloftes wat telkens aan ons gemaak word tydens verkiesings deur partye wat ons reeds tussen 20 tot 50 jaar ‘verteenwoordig’ nie.

“As Christen was en is dit net nie meer vir my aanvaarbaar om eerder vir partybeleid te stem, as om my inwoners te dien nie. Ek sal ook die kiesers volledig kan inlig wanneer ek dink dat hulle om die bos gelei word,” het Brynard gesê.

. Valentine is die kandidaat vir die nuutgeregistreerde party, die Organic Humanity Movement (OHM).

“Dié party is gebore uit die behoefte om die politieke stelsel te verander en die mense van Suid-Afrika te bemagtig.

“Die OHM erken dat politiek alleen nie die land se probleme kan oplos nie. Ons wil alle Suid-Afrikaners herenig en die vaardighede gee om ’n selfstandige lewe te lei,” het sy gesê. Valentine bly ook in wyk 21 en het baie werkservaring op plaaslike regeringsvlak.

Sy is ’n geregistreerde maatskaplike werker en is tans besig met haar meestersgraad in openbare beleid en administrasie.

Deur haar organisasie GiveWise het sy talle “Think Tanks” aangebied om te help met maatskaplike probleme in haar wyk en omgewing.

. Shagon Jacobs, ANC-kandidaat, het met die ter perse gaan nie die nodige inligting of ’n foto kon verskaf nie.

V Die verkiesinglokale is by die Bellville-krieketklub in Durbanweg; die Hoërskool Stellenberg in Mountainview-rylaan; die Laerskool Eversdal; die Laerskool Gene Louw; en die Hoërskool Fairmont.

Die kandidate van ses politieke partye gaan op Woensdag 19 Junie meeding om die setel as raadslid in die munisipale tussenverkiesing in wyk 21.

Die setel is vakant sedert die afsterwe van die DA-raadslid Taki Amira in Maart.

Die kandidate is (in alfabetiese volgorde volgens hul partye): Shagon Jacobs (ANC), Hendri Terblanche (DA), Kenneth Brookes (Democratic Independent Party), Ruben Botha (Economic Freedom Fighters), Carin Brynard (Kaapse Party) en Lucinda Valentine (The Organic Humanity Movement).

. Terblanche (43), ’n finansiële bestuurder en al sedert 2015 ’n Eversdal-inwoner, het bekendheid verwerf vir sy bydrae tot die wysiging van die arbeidswet sodat pa’s kraamverlof kan neem, asook tans vir ouerversorgingsverlof. Dit het gekom ná hul tweeling in 2013 drie maande te vroeg gebore is. Toe sy skoonma haar stryd teen kanker verloor het, sy pa met Parkinson se siekte, en sy ma met meervoudige sklerose gediag-noseer is, het hy sy stryd om ouerversorgingsverlof begin.

Hy het in 2016 die Eversdal-belastingbetalersvereniging gestig en was van 2015 tot 2018 lid van die Wes-Kaapse drankowerheid se beheerraad. Van 2013 tot 2016 was hy ondervoorsitter van die Karl Bremer-hospitaal se gesondheidsfasiliteitsraad en in 2017 voorsitter van dié raad.

In 2017 het hy die Eversdal Service Request Whatsapp-groep begin waarop inwoners probleme soos foutiewe straatligte en gebarste pype kan aanmeld.

Hy beoog om te luister na die inwoners se kwessies en wil voortgaan om die gemeenskap te dien; verseker dat basiese dienslewering op standaard is en met alle rolspelers saamwerk vir gemeenskapsveiligheid.

“Ek sal inwoners betrek as aktiviste en vrywilligers om ’n bemagtigende omgewing te skep waarin almal saamwerk tot voordeel van die gemeenskap.”

. Brookes (37) van die Helderberg-omgewing het meeste van sy 19 jaar diens in nooddienste in die noordelike voorstede gewerk. Hy is tans betrokke by die Small Business Forum, die Cape Town Highway Safety Forum, ’n buurtwag, ’n gemeenskapsveiligheidsprojek, gemeenskapsuitreikprogramme en inwonersklagtes.

Hy onderneem om as raadslid in 20% van sy salaris aan gemeenskapsorganisasies te gee. Hy sal hom ook beywer daarvoor dat wykstoekennings ten bate van buurtwagte en gemeenskapsorganisasies aangewend word. Hy wil kleinsakeforums begin waarop plaaslike ondernemings kan adverteer om hul inkomste te vergroot en om werk te skep.

Ander oogmerke as raadslid is deursigtige begrotings waarin gemeenskappe insae kan hê; om plaaslike ondernemings met tenderprosedures te help; effektiewe straatskoonmaakprogramme; bystand om LPR- en CCTV-kameras te vermeerder; en om onwettige storting hok te slaan.

. Botha (57) van Ravensmead sê hy kom uit die politieke agtergrond van die ANC en UDF en is tans aktief binne die EFF.

Hy dien as tesourier op die Ravensmead-gemeenskapspolisiëringsforum. Hy is ook betrokke by die monitering en evaluering van projekte in die departement sport en kultuur van die Wes-Kaapse regering.

Hy was verlede jaar baie betrokke met hulp aan die slagoffers van vloede in Ravensmead.

“Wyk 21 is ’n rykmansarea en stel nie belang in die EFF nie. Dis ons persepsie om ons ideologie ook in welgestelde gebiede te verkondig. Dit sal my doel wees om mense wat bedreig voel deur die EFF, se ingesteldheid te verander,” het hy gesê.

. Brynard (57) van Vredekloof het 11 jaar ondervinding in die Kaapse Stadsraad. Sy dra die titel van raadsheer weens haar vele uitvoerende posisies en aantal jare in die Stad Kaapstad onder die vaandel van die DA. Volgens haar het sy bedank as DA-lid in 2017 weens gewetensbesware. “Ek sal fokus op gemeenskapskwessies en ook die gemeenskaps se onafhanklike verteenwoordiger wees in forums van die stadsraad.

“As lid van die Kaapse Party sal ek onafhanklik kwessies kan dryf, aangesien dit die Kaapse Party se visie is dat beleid deur die mense daargestel word en nie deur loopbaanpolitici, wat beleid op kiesers afdwing nie.

“Die Kaapse Party is die enigste party wat met ’n werkbare oplossing vorendag kom. Ek glo geensins meer die leë beloftes wat telkens aan ons gemaak word tydens verkiesings deur partye wat ons reeds tussen 20 tot 50 jaar ‘verteenwoordig’ nie.

“As Christen was en is dit net nie meer vir my aanvaarbaar om eerder vir partybeleid te stem, as om my inwoners te dien nie. Ek sal ook die kiesers volledig kan inlig wanneer ek dink dat hulle om die bos gelei word,” het Brynard gesê.

. Valentine is die kandidaat vir die nuutgeregistreerde party, die Organic Humanity Movement (OHM).

“Dié party is gebore uit die behoefte om die politieke stelsel te verander en die mense van Suid-Afrika te bemagtig.

“Die OHM erken dat politiek alleen nie die land se probleme kan oplos nie. Ons wil alle Suid-Afrikaners herenig en die vaardighede gee om ’n selfstandige lewe te lei,” het sy gesê. Valentine bly ook in wyk 21 en het baie werkservaring op plaaslike regeringsvlak.

Sy is ’n geregistreerde maatskaplike werker en is tans besig met haar meestersgraad in openbare beleid en administrasie.

Deur haar organisasie GiveWise het sy talle “Think Tanks” aangebied om te help met maatskaplike probleme in haar wyk en omgewing.

. Shagon Jacobs, ANC-kandidaat, het met die ter perse gaan nie die nodige inligting of ’n foto kon verskaf nie.

V Die verkiesinglokale is by die Bellville-krieketklub in Durbanweg; die Hoërskool Stellenberg in Mountainview-rylaan; die Laerskool Eversdal; die Laerskool Gene Louw; en die Hoërskool Fairmont.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.