Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ontwikkeling se bouwerk dalk binnekort gestaak

’n Hersieningsaansoek en interdik om die bouwerk aan die nuwe ontwikkeling in Brackenfell-boulevard te staak, is onlangs by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien.

Die Northern District Community Forum (NDCF) het die aansoek ingedien ná alle amptelike roetes om die kwessie te besleg rondom die hoëdigtheid-ontwikkeling, misluk het.

“As inwoners is ons nie noodwendig gekant teen ontwikkeling nie, maar in dié geval hou die padinfrastruktuur geensins tred met die digtheid van die ontwikkeling nie,” sê Leon Brynard van die NDCF.

Volgens Brynard sal die voorgestelde infrastruktuur niks help om die huidige verkeersopeenhopings in die omgewing op te los nie.

“Die verkeerbottelnek op Brackenfell-boulevard gaan net vererger. Die planne soos dit nou lyk is nie voldoende nie. Die Stad en die ontwikkelaar sal met meer innoverende oplossings vorendag moet kom om die verkeersprobleem op te los,” sê Brynard.

Nadat die 550-eenheid ontwikkeling in 2017 goed gekeur is – ten spyte van meer as 300 amptelike besware deur inwoners, is die NDCF se appèlaansoek ook sonder enige sinvolle redes deur die Stad ongeldig verklaar. Die NDCF is gevolglik gedwing om ten duurste ’n aansoek by die hooggeregshof in te dien om die Stad se besluit te hersien.

Die hof het toe wel gelas dat die Stad die appèl moes aanhoor in Oktober 2018.

“Omdat die appèlkomitee ’n interne komitee van die Stad is, was hul uitslag voorspelbaar en is die appèl dus van die hand gewys.

“Die voorsitter van die appèlkomitee was baie eensydig en het geensins die argumente van die NDCF se prokureur oorweeg of in ag geneem nie,” sê Brynard.

“Daarna het die NDCF weer versoek dat daar om die tafel gesit word in ’n poging om die ongelukkigheid en besware van inwoners aan te hoor, maar nóg die ontwikkelaar nóg die Stad was bereid om dit te doen nie,” sê hy.

“Dit bevestig weereens dat die Stad se publieke deelnameprosesse net ’n oefening op papier is en geensins die belange van inwoners in ag neem nie. Dit het dus die NDCF verplig om weer die hooggeregshof te nader.”

Die aansoek sal na verwagting teen die einde van Mei aangehoor word.

Teen druktyd het TygerBurger nog nie kommentaar van die Stad Kaapstad of die ontwikkelaar ontvang nie.

Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.