Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Oorsaak van brand nog nie bekend

’n Ondersoek moet nog bepaal hoe die brand ontstaan het wat verlede week ’n hele vloer van ’n kinderhuis in Ravensmead verwoes het.

Die boonste vloer van die Holy Cross-kinderhuis was op Saterdag 18 Julie omstreeks 09:00 in ligte laaie.

Kinders, wat nog in hul kamers was, moes voor die vlamme vlug. Almal was uiteindelik ongedeerd.

Brandbestryders van onder meer Belhar en Goodwood het ure lank geveg om die vlamme in bedwang te bring. Uiteindelik is die skade net tot die een vloer beperk.

Kinders tussen twee en 18 jaar woon in die kinderhuis en die vloer wat in die brand verwoes is, is die vloer waar die meisies gebly het.

Bernard Engel, bestuurder by Holy Cross, sê hy is bly daar is betyds op die brand gereageer.

“Dit is net die meisiesafdeling wat brand- en waterskade opgedoen het. Een van die kinders en ’n jeugsorgwerker het ontbyt voorberei toe hulle die brandalarm hoor. Hulle het dadelik begin om al die ander van die brand bewus te maak en met ontruiming te help. Almal wat daardie dag gehelp het, moet geprys word,” sê Engel.

In hierdie stadium is daar nog nie klarigheid oor hoe die brand ontstaan het nie.

“Ons wag nog vir die amptelike verslag oor die brand. Daar is nog 19 seuns en 19 meisies by die sentrum. Ons is net dankbaar dat nie een van die kinders beseer is nie,” sê Engel.

Volgens hom word die kinders tans in verskillende tehuise en jeug- en kindersentrums gehuisves.

“Die departement maatskaplike ontwikkeling het gehelp om die kinders te plaas. Ek wil almal bedank vir hul bydraes. Sakeondernemings en die publiek het sodanig bygedra dat daar in al die kinders se behoeftes voorsien is,” sê Engel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.