Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Orgideë op skou gehuldig, bekroon

Orgideë-liefhebbers het die afgelope naweek ’n blaaskans van rugby geneem om dié plant in al sy glorie te waardeer.

Die Tygerberg-orgideegroep se jaarlikse Lenteskou is van Vrydag tot Sondag in die Tygervallei-winkelsentrum gehou. Volgens Abraham Vermeulen, voorsitter van die groep, is presies 100 orgideë uitgestal.

Weens vanjaar se “eienaardige” weer het hulle egter ’n groot verskeidenheid van gehalte waargeneem. “Party was goed en party slegter (as verwag),” sê hy.

Die wenners van vanjaar se skou is as volg:

. Skoukampioen: Vanda Aurantiaca van Abraham en Carine Vermeulen (Brackenfell);

. Reserwekampioen: Miltoniopsis Red Knight van Chris Randlehoff (Brackenfell);

. Beste Cattleya: Jackfowlieara Appleblossom: “October Delight” van Sheila Smith (Bothasig);

. Beste Cymbidium: Cymbidium Australian Midnight: “Black Beauty” van Jonathan en Mary Dennis (Belhar);

. Beste Dendrobium: Dendrobium cerinum van Volkmar Schmidt (Durbanville);

. Beste Oncidium: Miltoniopsis Red Knight van Chris Randlehoff (Brackenfell);

. Beste Paphiopedilum: Paphiopedilum Pinocchio van Geon Burden (Durbanville);

. Beste Phragmipedium: Phragmipedium Cuzco Blood x Phragmipedium (Memoria Dick Clements) van Jonathan en Mary Dennis (Belhar);

. Beste Phalaenopsis: Phalaenopsis Taipei Gold van Roy en Erica Swart (Kraaifontein);

. Beste Vanda: Vanda aurantiaca van Abraham en Carine Vermeulen (Brackenfell);

. Beste eksotiese orgideë: Bulbophyllum fritillariiflorum van Volkmar Schmidt (Durbanville);

. Beste Afrika- en Maskareen-eiland orgideë: Aerangis modesta van Bes Gous (Welgemoed);

. Beste Beginner: Paphiopedilum Doll’s Kobold van Nicela Kleyn (Bellville).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.