Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pa skiet glo seun en toe homself

’n Sewejarige seun van Panorama is die afgelope naweek glo deur sy pa by die gesin se huis in Mozartstraat doodgeskiet.

Die pa, Johan Neethling, het glo daarna die vuurwapen op homself gerig.

Dis nog onduidelik, maar daar word vermoed dat die voorval laat Saterdagaand (7 September) of vroeg Sondagoggend plaasgevind het.

Die seun, Dylan Neethling, was ’n leerder van die Laerskool Panorama in Welgelegen.

Kyle Pieterse, ’n familielid van Johan, het die voorval aan TygerBurger bevestig.

“Hy het sy seun geskiet, toe skiet hy homself,” sê Pieterse.

Volgens hom het die pa ’n nota in die huis agtergelaat. Dis onduidelik wat die inhoud daarvan is. “As hy ’n nota gelos het, beteken dit dat hy dit beplan het,” sê Pieterse.

TygerBurger probeer nog om die ma van die seun, Nandia Visser-Neethling, op te spoor. Die ma is oorspronklik van Ceres in die Koue Bokkeveld.

Daar is glo heelparty kringtelevisie-kameras in en rondom die huis. Daar was egter geen hardeskyf in die kameras nie, sê Pieterse.

Die gesin het Maandag 9 September ’n vergadering gehou.

Volgens Pieterse het hulle nog nie die ma gesien nie.

“Ons het nie veel met hulle te doen gehad die laaste tyd nie.” sê hy.

Volgens hom is sy oom reeds afgetree.

“Maar ons was min in kontak met hulle die laaste paar jaar.”

Hy sê Johan en Nandia het in 2010 getrou.

Dylan, wat op skool rugby gespeel het, was hul enigste kind. “Die pa het egter nog kinders, maar hulle is almal volwasse.”

Een van sy kinders, ’n dogter, het glo Maandag vanaf Dubai in Suid-Afrika aangekom. Die motief vir die moorde is nog onbekend.

Kapt. Frederick van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ’n moord.

’n Geregtelike doodsondersoek-dossier is ook geopen en word ondersoek.

“Daar word beweer dat ’n 69-jarige pa sy seun geskiet en vermoor het, en toe selfdood gepleeg het by hul woning in Panorama,” sê Van Wyk. Die ondersoek duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.