Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Parow-ouer waarsku teen ‘roomyswa’

’n Ma van Parow het onlangs ander ouers op sosiale media gewaarsku om “op die uitkyk en paraat te wees” teen ’n roomyswa waarvan die insittendes glo jong kinders agtervolg.

Volgens ’n inskrywing op die Goodwood, Parow, Bothasig Surrounds Crime Page deur dié bekommerde ouer, is daar vier mans in die Volkswagen Kombi.

Die ouer vertel dat die kombi haar dogter op Maandag 13 Januarie vanaf die omgewing naby die Hoërskool Tygerberg in De Tijger tot by die gesin se huis agtervolg het.

Hulle het daarna stadig verby die gesin se huis gery, beweer sy.

Die ouer skryf ook dat ander kinders in die gebied op dieselfde dag glo agtervolg is.

Ander wat op die inskrywing gereageer het, beweer dat hulle ook in die verlede die voertuig en insittendes gewaar het.

Die Parow-polisie kon egter nie veel inligting oor die kwessie verskaf nie.

“Daar is tot dusver nog niks by ons gerapporteer nie, maar die inligting is op die gebied se misdaadvoorkoming-Whats-App-groep onder die mense se aandag gebring, so ons is bewus daarvan,” sê lt.kol. Kobus van Dyk, polisiewoordvoerder.

Van Dyk sê die sektorbevelvoerder van die gebied is ook ingelig.

TygerBurger het ’n boodskap aan die ouer gestuur, maar het nog geen terugvoer ontvang nie.

Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.