Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Perd dood in O’dale

’n Perd is verlede week in Oakdale dood nadat ’n voertuig ’n perdekar getref het.

Die ongeluk het op die hoek van Maree- en Retiefstraat gebeur.

Volgens Marike Kotzé, woordvoerder van die Cart Horse Protection Association (CHPA), was die perd se naam Lyla.

Sy sê die drywer van die perd het beheer oor die perd verloor en het die perd voor ’n kar ingehardloop.

“Die drywer het op ’n draffie gewerk,” vertel sy. Die stang wat die waentjie aan die perd vashou, het toe gebreek en teen die perd se bene geslaan.

Die perd het geskrik en begin hardloop.

Die drywer kon nie die perd gestop kry nie en die perdekar is oor ’n stopstraat waar ’n motor in hulle vasgery het.

“(Die perdekar) het basies voor hom ingery,” sê Kotzé.

Daar is sowat 270 perdekarre wat tans op Kaapse paaie werk, waarvan net twee permanent in Bellville is.

Die CHPA, wat in Epping gebaseer is, werk sedert 1995 om perdekarre in Kaapstad te reguleer.

Bestuurders word onder meer geleer hoe om goed na die perde te kyk.

Die CHPA tree ook in om mishandeling deur perdekarbestuurders te keer.

Kotzé sê hulle verkies eintlik dat perdekarre nie in Bellville werk nie omdat dit so ver is van waar die meeste drywers bly. Solank die perde goed versorg is, kan hulle egter nie keer dat die drywers so ver werk nie.

Kotzé sê perdekarre word ingevolge die wet as regmatige voertuie op Kaapse paaie beskou.

Daar is selfs ’n regulasie wat lui perdekarre geniet ryvoorrang (“right of way”).

Die perd het sy lewe verloor, maar dit beteken nou dat die perdekar-bestuurder ook nou sy inkomste verloor het, sê Kotzé.

Baie perdekar-bestuurders besit nie self die perde nie, maar huur hulle by eienaars wat dikwels meer as een perd besit. Die bestuurders deel die inkomste met die eienaars.

In hierdie geval het die bestuurder ook die perdekar gehuur, maar die eienaar het net een perd gehad.

Kotzé sê sy weet nie wat nou met die bestuurder gaan gebeur en hoe hy nou weer gaan begin werk nie.

Die Stad Kaapstad se verkeersdepartement het nie op versoeke vir inligting gereageer nie.

  • Die Cart Horse Protection Association se noodnommer is 082 659 9599. Enige mishandeling kan by hulle gerapporteer word. Die nommer word 24 uur per dag beman.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.