Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisie vang nege vermeende motordiewe in twee weke

In slegs twee weke het die polisie in Kraaifontein nege mense weens motordiefstal in hegtenis geneem.

Drie mans tussen die ouderdomme van 26 en 30 is verlede week in hegtenis geneem weens die besit van ’n gesteelde motor, asook vir die besit van ’n onwettige vuurwapen.

TygerBurger het onlangs berig (“Motor in japtrap gestroop”, 30/01) oor hoe ses vermeende motordiewe op heterdaad betrap is toe hulle besig was om ’n gesteelde motor te stroop. Dié motor is op 24 Januarie in die Strand gesteel.

Volgens kapt. Hein Hendricks, polisiewoordvoerder van die Kraaifontein-polisie, was die polisie se honde-eenheid met roetinepatrollies besig toe hulle sien hoe ’n wit Renault-motor onverskillig naby die Ou Paarl-weg ry.

“Die beamptes het die motor van die pad afgetrek en gevind die nommerplate en lisensieskyfie stem nie ooreen nie. By nadere ondersoek is gevind die motor is verlede Desember in Claremont gesteel. Die drie verdagtes is deursoek en ’n vuurwapen, wat met ’n moord in Bityi, Umtata, verbind kan word, is by een van hulle gevind. Al drie verdagtes gaan in die Blue Downs-landdroshof verskyn,” sê Hendricks.

Brig. Gerda van Niekerk, stasiebevelvoerder, het die beamptes vir hul paraatheid en toewyding geloof.

Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.