Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Polisiebeamptes’ beroof vrou

Drie mans wat hulle glo as polisiebeamptes voorgedoen en ’n 78-jarige vrou by haar huis in Durbanville oorval en beroof het, het glo in ’n gemerkte polisievoertuig gevlug.

Hulle het tussen 11:00 and 12:00 die voordeurklokkie van die huis in Regentsingel gelui en voorgegee hulle is van die polisie en besig met ’n ondersoek in ’n saak waarin haar tuinman die beskuldigde is.

Die vrou het die voordeur van haar huis oopgemaak, waarna hulle haar met ’n vuurwapen gedreig het om die kluis oop te sluit. Hulle het haar vasgebind, het kapt. Marchell Rhode, woordvoerder van die Durbanville-polisie, gesê.

“Sy het vir hulle gesê sy ken nie die kode nie, waarop hulle met onder meer kontant uit die huis padgegee het.

“Hulle het in ’n polisievoertuig gevlug en die saak word verder ondersoek,” het Rhode gesê.

’n Ooggetuie het aan TygerBurger vertel dat sy twee mans in polisie-uniforms by die voordeur gesien het toe sy by die huis verby gery het.

“Die ouer een – tussen 30 en 40 jaar – het die voordeurklokkie gedruk. Hy het ’n boeppens gehad en het soos ’n regte polisiebeampte gelyk. Daar was ook ’n jonger, maer een. As ek nou terugdink, het hulle baie rondgekyk,” het sy vertel.

Sy wou anoniem bly vir haar eie veiligheid. “Ek het dit nie as verdag beskou nie. Ek sou self nie twee keer gedink het om hulle nie in my huis toe te laat nie,” het sy gesê.

Volgens haar het ’n derde man buite op die agtersitplek van hul wit gemerkte polisievoertuig, ’n sedanmotor, gesit. Hy het ’n polisiepet opgehad, maar was in gewone klere geklee, het sy gesê.

TygerBurger het die slagoffer besoek, maar sy het gesê sy sien nie kans vir die media in hierdie stadium nie. Haar dogter het TygerBurger daarna gebel en gesê die weergawe van gebeure is verkeerd, maar wou geen inligting verskaf nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.