Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisievoertuig ry kind (7) raak

’n Sewejarige kind van Kalkfontein is die afgelope naweek hospitaal toe gehaas nadat sy glo deur ’n polisievoertuig raakgery is.

Die kind is beseer, maar die aard van die beserings is onbekend, het kapt. Isaac van Niekerk, Kuilsrivier-polisiewoordvoerder, gesê.

Die ongeluk het Saterdag omstreeks 20:00 in Reuterstraat gebeur. Volgens Van Niekerk was die beampte die betrokke aand op pad na ’n brand by ’n huis in dié straat.

“Die mense het by die huis begin saamdrom. Die bestuurder van die patrollie-voertuig sê hy was op na die brand, maar dat hy onderweg soontoe ’n slag teen die voertuig gehoor het.

“Die beampte het eers aangehou ry, maar kort daarna besef dat hy iets getref het,” het Van Niekerk gesê.

’n Omstander het hom later ingelig dat ’n kind glo teen die agterkant van die patrollievoertuig vasgehardloop het. “Hy kon egter nie die kind sien nie.”

Die beampte, ’n adjudant-offisier by die Kuilsrivier-polisiekantoor, het na die toneel teruggekeer, het Van Niekerk gesê.

Volgens hom is die kind beseer en hospitaal toe gehaas. Daar is egter geen sigbare skade aan die patrollievoertuig nie.

“Ons weet nog nie wat die aard van haar besering is nie.”

Die huis waarheen die beampte op pad was, het heeltemal afgebrand. Niemand is egter beseer nie.

Heelparty kinders is al oor die afgelope drie jaar in Kalkfontein raakgery. Gemeenskapsleiers het ook al in die verlede by vergaderings keer op keer die plaaslike raadslid versoek om meer spoedwalle aan te bring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.