Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisiewoordvoerder spring in as ‘ambassadeur’

Hy praat gereeld namens die polisie as woordvoerder, maar onlangs het kapt. FC van Wyk, ’n inwoner van Kuilsrivier ingespring en sy lyf ‘‘ambassadeur’’ vir Suid-Afrika in Japan gehou.

Van Wyk en sy seun, Matthew (19), was in Japan om die Springbokke se wêreldbeker-openingswedstryd op 21 September teen die All Blacks by te woon.

Hy vertel hulle was op pad na die stadium in Yokohama toe hulle stalletjies verteenwoordigend van verskeie lande se ambassades raakgeloop het. Al die stallletjies behalwe Suid-Afrika s’n was beman gewees.

Van Wyk sê daar was nog ander toeriste en verbygangers en toe van hulle begin spot oor die leë stalletjie en een opmerk, “What could you expect of South Africa?” het hy dadelik besluit hy moet iets doen.

Hy en Matthew het toe ingeval en self begin om die land te bemark. Hy het die besoekers vertel van Suid-Afrikaanse gasvryheid en gesê hulle moet die mense kom ontmoet. “Ek het vertel van ons skoon strande en dat ek in Kuilsrivier woon wat op die drumpel van Stellenbosch se wynlande is, waar van die beste wyne geproe kan word.”

Van Wyk sê sy “Engelse engel” was gelukkig saam met hom daar die dag. Hy het heelwat uitgebrei oor die kos – van die Kaaps-Maleise kerries tot die “great gatsbies’’ en selfs die smileys (skaapkop). Hier kon Matthew ook help vertel aangesien hy ’n student in kulinêre studies is.

Daar was darem pamflette om uit te deel en Van Wyk sê hy het so tussendeur vinnig deurgeblaai en gekyk wat hy nog alles kan vertel. “Ek het heelwat vertel oor Kaapstad – van die naglewe tot die berg, wat een van die wêreldwonders is en die kabelkarretjie.” Pa en seun was so 35 minute ‘‘aan diens” en ongelukkig was daar teen die tyd wat hul moes gaan nog steeds geen verteenwoordiger in sig nie. Van Wyk sê hy hoop darem hy kon ’n paar mense oortuig om dalk eendag self te kom kyk hoe lyk dit in Suid-Afrika. Hy en sy seun was maar bietjie meer as ’n week in Japan, en kon benewens die Bokke se wedstryd ook die wedstryd tussen Japan en Rusland gaan kyk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.