Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Probleemhuis in Belhar pla

’n Inwoner van Belhar is bekommerd oor ’n leë huis in sy straat wat deur dwelmmisbruikers gebruik word.

Volgens David Linnen hou die huis te Paardebergsingel 48 nie net gesondheidsrisiko’s in nie, maar is dit ook gevaarlik.

“Mense stort hul vullis teen die huis en bendes maak dit hul skuilplek.

“Ons het al ons eie lewens in gevaar gestel om die bendelede aan te spreek. Verskeie kere het ons die eienaar gevra of hy nie ’n heining wil omsit nie, maar ons pleidooie val op dowe ore,” sê Linnen.

Volgens Linnen woon die eienaar nie in die omgewing nie en dit blyk hy gee nie om wat by die eiendom gebeur nie.

“Ons wat naby die huis woon, is moedeloos, want ons weet nie na wie om te gaan nie. Die eienaar van die huis woon nie in die buurt nie en dra nie die gevolge van wat hier aangaan nie,” sê Linnen.

TygerBurger kon teen druktyd nie die eienaar van die gebou opspoor nie. 



MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.