Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pyn raakgesien

Die Hoërskool Brackenfell het daadwerklike aksie geneem om enige vorm van rassisme of diskriminasie by dié skool uit te roei.

Onder meer is planne vir opleiding in sensitiwiteit- en diversiteit vir onderwysers en leerders reeds onderweg, en is hare-reëls vir meisies reeds verander.

Dit volg ná die herrie wat verlede week in Brackenfell losgebars het weens bewerings dat ’n private matriekgeselligheid leerders van kleur uitgesluit het.

In ’n skrywe aan ouers deur dr. Guillaume Smit, voorsitter van die skool se beheerliggaam, en die skoolhoof, Jannie Muller, het die skool en personeel onderneem hom hulle te verbind tot betrokkenheid by toekomstige gesprekke met beide leerders en ouers om ’n konstruktiewe pad vorentoe te verseker.

“Ons hoor die stemme van ons skoolgemeenskap en as ’n skool onderneem ons om beter te luister, beter te wees en beter te doen.

“Soos reeds verklaar, (deur die onderwysdepartement) kan die skool nie verantwoordelikheid aanvaar vir die private geselligheid wat sonder die skool se betrokkenheid gereël is nie.

“Tog, erken ons, tot ons bittere spyt, dat hierdie geleentheid vir ons leerders, veral leerders van kleur, pyn veroorsaak het.”

Die skool stel die doelwit om skoollewe so aan te pas om ’n omgewing te skep waar alle kinders beter toegerus sal word om suksesvol te funksioneer in ’n veelrassige samelewing, volgens Smit.

Hy sê skool het alreeds in Julie kwelpunte begin oplos en verskeie maatreëls in plek gestel om diversiteit te fasiliteer.

“’n Diversiteitskomitee is aangestel, maar die funksionaliteit van die komitee is egter deur Covid-19 gekniehalter. Die eerste amptelike vergadering het nou plaasgevind,” skryf hy.

Meisies se hare-reëls is aangepas nadat leerders en graadhoofde gekonsulteer is, en is op 4 November afgesluit. Verder sal sprekers die skool volgende jaar besoek om met leerders en personeel te praat oor die herkenning van rassediskriminasie.

“Merendeels word praktiese maatreëls in plek gestel om ’n veilige omgewing te skep vir leerders waar hulle gehoor sal word.”


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.