Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
R6,5m se dwelms gevind

’n Man van Durbanville het Maandag vlugtig in die Kaapstad-landdroshof verskyn op klagte wat verband hou met ’n vonds van sowat R6,49 miljoen se dwelms in ’n skeepshouer in die Kaapstad-hawe en in sy huis.

Hendrick Johannes van Eck (30) is verlede Donderdagmiddag by sy huis in De Villierslaan in Valmarypark deur die Valke in hegtenis geneem ná dwelms gevind is in ’n skeepshouer wat vanuit Europa vir hom bestem was.

Hy is op borgtog van R10 000 vrygelaat en die saak is tot 2 September vir verdere ondersoek uitgestel.

Hierdie keer was dit nie net die lang arm van die gereg nie, maar ook die fyn neus van een van die doeane se snuffelhonde wat die Ecstacy tussen ’n vrag meubels in die skeepshouer in die Kaapstadse hawe uitgeruik het.

Altesame R6,3 miljoen se Ecstacy-poeier of metieleendioksiemetamfetamien (MDMA), asook R70 000 se Ecstacy-tablette, is tussen die meubels versteek gevind. Dié vonds het gekom ná ’n gesamentlike intelligensiegedrewe ondersoek deur die Valke se dwelmeenheid, misdaadintelligensie en doeanebeamptes van die SA Inkomstediens, het lt. kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, in ’n verklaring gesê. Hy het gesê die span het die man se huis in Durbanville deursoek en afgekom op hidroponiese dagga. Beslag is gelê op 1 kg dagga met ’n straatwaarde van R120 000, asook toerusting vir die kweek van hidroponiese dagga.

Brig. Mushavhaduvha Ramovha, waarnemende provinsiale hoof van die Valke in die Wes-Kaap, het die span geprys vir die blootlê van die besending dwelms. Ramovha het gesê ’n multidissiplinêre benadering is die enigste manier om dwelmhandel in die Wes-Kaap vas te vat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.