Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Riool vloei deur strate

Ná talle klagtes vloei die riool steeds deur die strate van Silversands as gevolg van die oorloop van dreine.

TygerBurger het onlangs berig die inwoners van Silversands kan nie eens hul vensters oopmaak nie, want dan stink dit in hul huise.

Leerders by die twee skole in Silversands moet ook gereeld ompaaie loop omdat die paaie vol ontlasting lê.

Verlede week het ses mense TygerBurger gekontak om te kla oor die stank in die buurt.

Op besoek aan die buurt het riool vrylik uit minstens drie dreine geloop.

Abigail Adams, ’n jare lange inwoner van Silversands, sê hulle is moedeloos.

“Vandat ek kan onthou, bestaan die probleem en ek voorsien nie dat dit binnekort opgelos gaan word nie. ’n Mens kan nie eens eet sonder om die reuk van die dreine te kry nie. Ons maak nie eens meer ons voordeur oop nie, want binne minute is die stank in die huis,” sê Adams.

Justin April, nog ’n inwoner, sê sy geduld is byna op. “Elke keer kom hier mense wat kamstig die dreine regmaak, maar net ’n dag of twee nadat hulle weg is, begin dit weer.

“Iewers is groot fout, maar niemand kom sê ons wat aangaan nie. Ons is op datum met ons dienstegeld, maar ons dienste is nie op datum nie,” sê April.

Pakamisa Keswa, voorsitter van die plaaslike belastingbetalersvereniging, sê inwoners van Silversands voel hulle is nie belangrik genoeg sodat dienste gelewer kan word nie.

“As die probleem in enige ander buurt was, sou dit lankal opgelos gewees het. As daar ’n probleem is, wat is die probleem?

“Hierdie situasie is ondraaglik en ons word nie eens belangrik genoeg geag dat hulle op ons boodskappe reageer nie,” sê Keswa.

TygerBurger het navrae aan die Stad Kaapstad gerig en sal in opvolgberigte die Stad se kommentaar byvoeg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.