Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rolstoele bring vreugde

Daar is baie mense in ons samelewing wat rolstoele gebruik wat lankal nie meer vir hulle geskik is nie.

Só sê Jackie Visser, raadslid vir Ravens–mead, nadat sy met die gemeenskap vergader het om na hul probleme te luister.

“Sommige mense wag reeds jare lank om hul stukkende rolstoele vervang te kry. Ander het nog nooit ’n nuwe, ordentlike rolstoel gehad nie,” sê Visser.

Een van die mense wat ’n rolstoel ontvang het, Joseph Lucas (62), gebruik reeds sedert 2016 ’n rolstoel nadat hy sy regterbeen weens bloedklonte en gangreen verloor het.

“Ek geniet my nuwe ‘motorbike’ vreeslik. Hy is ‘number one’. My vorige een kon nie lekker gestoot word nie en toe ek hierdie een kry, kon ek darem lekker beweeg,” sê Lucas.

Lucas vertel hoe een van sy vorige rolstoele deur ’n vragmotor afgeskryf is. “Ons hoop maar hierdie een word nie getref nie,” sê hy.

Geraldine Arendse, nog een van die mense wat ’n rolstoel ontvang het, sê niemand sal verstaan hoe baie die nuwe rolstoel vir haar beteken nie.

“Hierdie stoel beteken die wêreld vir my. Ek kan nou gaan werk vir my gesin en lekker ry sonder om te bekommerd te wees,” sê Arendse.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.