Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rugbypale by stadion weer (en weer) gesteel

Diegene wat sukkel om oor ’n rugbypaal te skop, moet by die Rosina Paarwater-stadion in Bellville-Suid gaan oefen.

Hier is twee velde se dwarspale onlangs gesteel – die derde keer sedert Junie 2018.

Warren Isaacs, afrigter van die Bellville-rugbyklub, sê hulle is heeltemal ontmoedig deur die voorval wat twee weke gelede plaasgevind het.

Buiten die dwarspaal het diewe ook ’n ander rugbypaal so gestroop dat net die een regoppaal oor is.

Isaacs vertel daar is een veiligheidswag wat die gebied patrolleer, wat hy voel onvoldoende is aangesien die stadion ’n rugby-, sokker- en krieketveld insluit.

Benewens hul diefstalprobleme sukkel die klub ook al sowat ses jaar lank om drinkwater by die stadion te kry.

Isaacs sê hulle het intussen die A-veld se pale vervang omdat hulle wedstryde moes speel.

Op Facebook beweer gemeenskapslede “tikkoppe” is vir die diefstal verantwoordelik. Ander sê sloopwerwe in Bellville-Suid moet gesluit word.

Die Stad Kaapstad en die polisie het nie teen druktyd op navrae gereageer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.