Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrae ná man in stort sterf

Twee maande na haar man se dood, wag ’n weduwee van Ruyterwacht nog steeds op antwoorde rondom die oorsaak van haar man se dood.

Petronella van der Merwe het aan TygerBurger gesê daar hang nog steeds ’n wolk oor die oorsaak van die dood van haar man, Wilhelm, omdat die familie nog nie die uitslag van sy lykskouing ontvang het nie.

Volgens haar is haar man vanjaar met slukdermkanker gediagnoseer en is hy op Dinsdag 13 Augustus in die Tygerberg-hospitaal oorlede.

Volgens Van der Merwe is sy liggaam in die stort gevind.

“Ek het op die dag van sy dood om 15:00 met hom per telefoon gepraat. Hy was op pad om te gaan stort om hom reg te kry vir sy operasie die volgende dag en het gevra ek moet die aand tydens besoektyd kom en koejawelsap saambring.

“Ek en my jongste dogter is 19:00 hospitaal toe, maar toe ons by sy kamer instap was hy nie in sy bed nie. Niemand het geweet waar hy was nie en ek het onthou dat hy vroeër die dag gesê het dat hy op pad was om te gaan stort. Die stortdeur oorkant sy kamer was toe en ’n verpleegster het aan die deur geklop, maar dit was gesluit.

“Ons het my man se foon binne die stort hoor lui, maar omdat die deur gesluit was, kon ons nie ingaan nie. Die verpleegster het die sleutel van die stortkamer gaan haal en die deur oopgemaak en gesê ek mag nie ingaan nie. ’n Dokter het kom kyk wat aangaan en aan my gesê dat my man oorlede is, maar dat ek nie die stort kan ingaan nie,” het Van der Merwe gesê.

Sy kon eers ’n uur later haar man sien, nadat sy liggaam uit die stort verwyder is. Op daardie tydstip kon hulle ook nie sê hoe laat en waaraan hy dood is nie. Sy liggaam is na die forensiese afdeling gestuur vir ’n nadoodse ondersoek.

“Ek wil my storie deel want dalk is daar nog ander wat dieselfde ervaring by die hospitaal gehad het. ’n Week ná my man se dood het ons ’n saak van nalatigheid teen die hospitaal aanhangig gemaak.

“Al wat ek wil weet is wanneer is my man oorlede en hoekom het die verpleegsters nie opgelet dat hy nie in sy bed is nie. Hoekom het niemand van hulle gevra waar hy is nie en al die tyd lê hy dood in die stortkamer? Ons kan nie vrede vind nie, want ons weet niks van die omstandighede van my man se dood nie. Ek wil net afsluiting hê,” het Van der Merwe gesê

Tygerberg-hospitaal se woorvoeder, Laticia Pienaar, sê daar was geen mediese nalatigheid aan die hospitaal se kant nie. “Ons het nog nie die resultaat van die nadoodse ondersoek gekry nie. Sodra ons dit kry sal ons die familie inlig oor die oorsaak van sy dood,” sê Pienaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.