Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sekerheidsman skiet ‘dief’ dood

’n Man wat vermoedelik by ’n huis ingebreek en goed gesteel het, is deur ’n sekerheidsbeampte doodgeskiet.

Die voorval het verlede Vrydag omstreeks 15:00 op die hoek van Ridgeworth-rylaan en Old Oakweg in Bellville gebeur.

Volgens kapt. Jonathan Blanc-kenberg, woordvoerder van die Bellville-polisie, het die sekerheidsbeampte van Fidelity ADT toevallig verby die huis gery toe hy sien hoe die oorledene oor die huis se muur na die pad toe spring.

Die sekerheidsbeampte het die man genader en hulle is saam na die huis toe om duidelikheid oor die situasie en die goed in sy besit te kry.

“Oppad daarheen het ’n argument ontstaan. Die oorledene het ’n mes uitgehaal en die beampte meer as een keer probeer steek,” sê Blanckenberg.

Die beampte het sy vuurwapen by hom gehad en in die gestryery op die man geskiet. Hy is op die toneel oorlede.

Blanckenberg sê daar is getuies wat die gebeure bevestig. ’n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Die polisie weet egter nie wie die oorledene is nie. “Dit is ’n bruin man, wat in sy 40’s kan wees.”

Enigeen wat meer inligting hieroor kan verskaf, kan die polisie by 021 918 3002 bel.

Wahl Bartmann, hoof van Fidelity Services Groep, het die voorval bevestig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.