Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sentrum reik al 50 jaar lank uit na bejaardes

Meer as 7 miljoen bejaardes en hul gesinne in die Tygerberg-streek se lewens is die afgelope 50 jaar deur Meals on Wheels geraak.

Hulle is voorsien van kos, klere, blyplek en ’n bemoedigende woord en dit is net moontlik gemaak deur die hulp van die Here, personeel, vrywilligers en skenkers.

Só beskryf Linda Louw, bestuurder van die Tygerberg-dienssentrum in Parow, hul bydrae die afgelope 50 jaar.

“Die dienssentrum is in 1982 deur my suster, Marie Louw, begin en ek het dit by haar oorgeneem ná haar aftrede. My passie vir my werk is tasbaar, want dit is nodig om die dienssentrum te bestuur en dit is ’n heeltydse werk.

“Die grootste en belangrikste projek van die dienssentrum is die bereiding van meer as 150 400 etes per jaar en ons is een van 218 takke wat landwyd sorg dat bejaardes, persone met gestremdhede, behoeftige gesinne en kinders etes ontvang,” het Louw gesê.

“Buiten die etes het die dienssentrum besef dat daar geweldige nood in verskeie gemeenskappe in die Wes-Kaap bestaan en het ons met voedingsprojekte in Parowpark, Bellville-Suid, Khayelitsha, Tygerberg-hospitaal, Leonsdale, by die Voorbereidingskool Parow en Uitsig Parents Haven betrokke geraak.

“Om te verseker dat die bejaardes in die Tygerberg-streek nie vereensaam nie en waardig en selfstandig voel en optree, is daar verskeie programme wat daagliks by die sentrum aangebied word,” het sy gesê.

As jy ’n lid is van die dienssentrum kan jy aanmeld vir gesondheidsdienste soos bloeddruktoetse, asook mooimaaksessies.

Die programme is alles deel van die ondersteuningsdienste wat bydra dat bejaardes so lank as moontlik na hulself kan omsien en nie onnodig na ’n staatsaftreeoord hoef te verhuis nie.

Vir diegene wat van pret hou is daar sport- en ontspanningsbedrywighede, wat weekliks aangebied word. Strek- en rekoefeninge hou baie voordele in vir bejaardes en word gereeld by die sentrum aangebied.

“Die oefeninge is op die beginsels van ‘Ageless Grace’ geskoei en die sentrum was onlangs die onderwerp van ’n studie van die Universiteit van Kaapstad, wat aspekte soos die voordele van fisieke oefeninge vir bejaardes bestudeer. Die resultate word tans verwerk en ons sal binnekort die uitslag daarvan ontvang. Ons is ’n niewinsgewende organisasie en is afhanklik van staatsubsidies, vrywillige bydraes en skenkings.

“Deur die loop van die jaar hou ons ons eie geldinsamelings en sonder daardie bydraes sal dit nie moontlik wees om al die genoemde dienste aan die gemeenskappe te lewer nie,” het sy gesê.

Volgens Louw was nie alle areas in die Tygerberg so geseënd om ’n dienssentrum te hê nie. Hulle het in 1986 ’n huis in Kraaifontein gekoop, wat vandag bekend staan as die Oostenbergse Meals on Wheels.

“Vanuit die staanspoor was die nood duidelik in Kraaifontein en dat ’n groot gebied bedien sal moet word met etes en die ander dienste. Die sentrum is sentraal geleë en bedien tans 586 bejaardes, gesinne en kinders in die omgewing van Brackenfell, Durbanville, Bellville en Kraaifontein. In Leonsdale het ons aanvanklik ’n sopkombuis begin, maar deur die jare het dit so uitgebrei dat ons nou sop en broodjies aan skoolgaande kinders in die Leonsdale-omgewing uitdeel. Ons doen spesifieke projekte in samewerking met lede van die gemeenskap en plaaslike raadslede waar ’n dringende behoefte aan voeding in spesifieke woongebiede bestaan,” sê Louw.

Volgens haar lê die voedingsprojekte haar na aan die hart. “Dit maak ons so bly om te sien hoe ’n honger kind se gesig ophelder as hy ’n lekker toebroodjie kry. Ons vermoed dat baie van die ontvangers van kospakkies dit met die res van hul behoeftige gesinne deel. Verskeie skole, kolleges en tersiêre inrigtings in die Tygerberg doen gemeenskapswerk by die dienssentrum, wat hulle die geleentheid gee om meer oor Meals on Wheels en die behoeftes van gemeenskappe in die Tygerberg-streek te leer. Uitstappies word gereeld onderneem en die jaarlikse hoogtepunt is die Kersete.

Rig navrae aan Linda Louw by 021 939 4043 indien jy wil help.

Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.