Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Seun in hof vir moord op pa
JJ “Jool” Bruwer.

Bure het vroeër vandeesweek op ’n grusame toneel afgekom nadat ’n seun glo sy pa in Bellville vermoor het.

Die seun, Etienne Bruwer (31), het Vrydagoggend in die Bellville-landdroshof verskyn vir die moord op sy pa, JJ of “Jool”.

Hy is op R10 000 borgtog vrygelaat.

Volgens kapt. Jonathan Blankenberg, woordvoerder van die Bellville-polisiekantoor, het bure Dinsdagaand ’n gillery in Hildestraat in Chrismar gehoor.

“Hulle het gaan ondersoek instel, maar kon nie die deur oopkry nie. Die deur is afgebreek.”

Binne-in die huis het hulle vir Etienne met bloed aan sy voete aangetref.

“Toe sien hulle die pa (Jool) lê op die grond in die kombuis, bebloed en met wonde aan sy kop en liggaam.”

Daar was ook bloed in die res van die huis.Die bure het toe die polisie en ambulans gekontak.

Blankenberg sê die motief vir die moord is tans onbekend.Bruwer sal weer op 25 Augustus in die hof verskyn.

Mense wat anoniem wil bly, omdat hulle bang is vir viktimisasie, sê Jool is glo met ‘n harde voorwerp oor die kop geslaan en ook met ’n mes gesteek.

Blankenberg kon nie hierdie bespiegelinge bevestig nie omdat dit nog deel uitmaak van hul ondersoek.

’n Skoonmaakvoertuig van die firma Bioproc crime and trauma scene clean-up is op die toneel gewaar.

Een van hul personeellede, Morné Summers, wou egter nie kommentaar lewer nie.

Nóg ’n gemeenskapslid sê Jool was ’n kranige visserman, jagter en het ook gereeld golf gespeel.

Hy is oorspronklik van Williston.

Daar was niemand anders in die huis ten tyde van die moord nie.Buiten sy seun, het Jool ook ’n dogter, Naomi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.