Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Seuns maak self slaggate in pad toe

’n Groep seuns van Malibu Village in Blue Downs het vir die gemeenskap, en veral die munisipaliteit, gewys hoe om slaggate in paaie reg te maak.

Die maats, Damian Stalmeester, Gilberto Oranje, Jayden September en Lluwaylen Daniels, speel elke dag langs Blue Downs-weg en het al verskeie ongelukke en amper-ongelukke waargeneem.

Die ongelukke word veroorsaak deurdat motors padgee vir gate in die pad regoor die haarsalon 118 On Fleek.

“Die een keer het ’n taxi in die gat ingery. Die bestuurder het beheer oor die taxi verloor en dit het in die veld langs die pad ingery,” vertel Lluwaylen.

“Vertel van die keer wat die een motor uitgeswaai het vir die ander een en teen die randsteen vasgery het,” por Gilberto aan.

“Ja, daai motor het op sy dak geskuur,” antwoord Jayden.

“Ek dink dit was dieselfde dag wat die bakkie amper teen die ander motor gebots het,” sê Damian.

Verlede week het die groepie nog rustig gespeel toe hulle weer die gefluit van bande op die teer hoor.

“Daar was weer ’n noue ontkoming en ons het daar en dan besluit ons moet iets doen. Ons nie wil nie sien dat iemand doodgaan nie en het besluit om grawe te vat en die gat met sand en klip op te vul. Wat gebeur is dat die motors padgee vir aankomende verkeer en dan voor mekaar inry.

“Ons kan nie wag vir grootmense om die probleem op te los nie,” sê Damian.

Volgens die seuns het munisipale padwerkers verby hulle gery op die dag wat hulle die gat toegemaak het en nie eens by hulle stilgehou nie. TygerBurger het die raadslid vir die gebied, Thembisile Batembu, gevra of daar enige planne is om die gate toe te maak.

Sy antwoord was: “Ek weet nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.