Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skenker maak hart oop vir winterklere

Die harte en hande van TygerBurger-lesers het daarvoor gesorg dat kinders en volwassenes in onder meer Wesbank nie hierdie winter sonder warm klere gaan deurbring nie.

TygerBurger het onlangs berig ’n weldoener van Kuilsrivier het besluit kinders het nie net kos tydens inperking nodig nie. (“Honger kind inspireer weldoener”, 10 Junie)

Phillip van Reenen is reeds sedert die begin van die inperking besig om kos in minderbevoorregte gebiede uit te deel, maar met hierdie projekte het iets anders sy oog gevang.

“Baie keer het ek gesien hoe jong kinders in bibberkoue kaalvoet of met min klere aan in rye kom staan vir kos. My hart het gebreek, want hier staan ons warm aangetrek en hierdie kinders het skaars genoeg aan om hul arms toe te maak,” sê Van Reenen.

Hoewel hy steeds daarop gefokus het om sy sopkombuise aan die gang te hou, het hy ook begin om klere in te samel.

“Suid-Afrikaners het oor die algemeen groot harte en soms moet ’n mens net hul aandag fokus op die plekke waar hulp nodig is.

“Sommer op die eerste dag nadat ek begin voelers uitsteek het vir klere, het dit begin instroom. Ons het ook nie net kinderklere gekry nie, maar ook klere vir volwassenes. Werkloosheid in dié gemeenskappe is van so ’n aard dat mense net probeer om elke dag iets in hul mae te kry, dus is klere koop iets wat omtrent heeltemal buite hul bereik is,” sê Van Reenen.

Hoewel ons al baie mense geklee het, sê hy nóg meer skenkings is welkom.

“Ek wil ’n beroep doen op mense dat wanneer hulle klere skenk, hulle nie stukkende klere moet gee nie. Daar is ’n verskil tussen gebruikte klere en flenters. Al is die mense wat ons help minderbevoorreg, wil ons hul steeds hul menswaardigheid laat behou. Tot op hede het ons reeds 500 mense geklee,” sê Van Reenen.

  • Mense wat klere wil skenk, kan hom by 074 883 6680 bel.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.