Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skok oor lantern op tehuis se dak

’n Inwoner van Parow-Noord het mense gewaarsku teen die gebruik van Chinese lanterns.

Dit volg nadat een van dié skeppings byna groot skade aan ’n tehuis vir bejaardes in die gebied aangerig het.

Emsie Hanekom, mede-eienaar van Advance Homecare in Emily Hobhousestraat, Parow-Noord het vertel hoe die optrede van haar toegewyde personeel, wat opgelei is in brandbeheer, ’n moontlike ramp voorkom het.

Volgens haar het die tuisgemaakte lantern verlede Dinsdagaand op die tehuis se kombuisdak beland. “Gelukkig het ons dit gou opgemerk.”

Een van die inwoners wat sy spraak verloor het, het dit raakgesien.

“Hy het dit geteken en dit vir my man gewys, wat dit toe uitgeken het. Hy het uitgegaan en gaan kyk,” vertel Hanekom.

Die honde het ook begin blaf en die bure langsaan het dit ook opgemerk, sê sy.

“Dit het gelyk soos ’n stuk lap wat op die dak brand.”

Slegs die lantern het gebrand, maar geen skade is aan die dak of die tehuis aangerig nie.

“Die personeel het die tuinslang geneem en dit geblus. Hulle het baie spoedig gereageer.”

Hanekom sê sy wil mense bewus maak van die gevare van die lanterns en dat mense bedag moet wees. Die inwoners, hul familie en vriende is ook oor die voorval in kennis gestel.

“Ons het 32 onskuldige oumense wat hier woon. Dit kon huise laat afbrand het,” sê Hanekom. Sy sê baie van die inwoners is siek en bedlêend.

Dis egter onduidelik presies waarvandaan die lantern gekom het.

“Dit kon met die wind hier aangekom het.”

Sy het haar personeel vir hul paraatheid geprys.

“As dit nie vir hulle was nie, sou dit ’n ramp gewees het daardie aand.”

Hanekom sê die dubbelverdieping-gebou wat die tehuis bevat, is toegerus met toestelle teen rook en brande.

“Ek dink die persoon wie se lantern dit was, het nie die gevaar daarvan besef nie. Ek het daardie nag nooit geslaap nie, as ek dink wat kon gebeur het,” vertel Hanekom.

“Die persoon wat dit gedoen het, moet weer dink as hy so iets wil doen,” sê Hanekom.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, sê die Stad Kaapstad se munisipale regulasie vir brandbeveiliging in gemeenskappe verhoed enigiemand om ’n toestel wat vlamme uitblaas in die openbaar te gebruik – insluitend kerse en lanterns, wat brande kan veroorsaak.

“Hierdie toestelle word dikwels van koers af geblaas en kan dan plantegroei en selfs geboue aan die brand steek.

“Ons moedig inwoners aan om verantwoordelik op te tree en om nie lanterns aan die brand te steek en los te laat nie,” sê Smith.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.