Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skooltekort afgeweer

Die tekort aan laerskole in Brackenfell gaan volgende jaar hopelik iets van die verlede wees.

Die nuwe openbare laerskool in Vredekloof word teen September 2018 klaar gebou om gereed te wees om amptelik te open vir die begin van 2019 se akademiese skooljaar.

Jessica Shelver, ’n woordvoerder vir die Wes-Kaap se departement van onderwys, het verlede week bevestig dat die sleutels van die nuwe skool in September deur kontrakteurs aan die onderwysdepartement oorhandig sal word.

“Keuringaansoeke vir die eerste ronde word tans afgehandel en ouers sal dienooreenkomstig ingelig word oor die uitkoms van hul aansoeke,” sê Shelver.

Die nuwe skool sal 1 240 leerders tussen graad R en 7 kan huisves.

Die skool sal bestaan uit 28 klaskamers wat grond- (12), intermediêre (12) en senior fase (vier) insluit.

Daar sal ook twee graad R-klasse wees, twee veeldoelige spesialisklaskamers, twee laboratoriums, ’n kombuis en ’n multimediasentrum wees.

Leon Brynard, voorsitter van die projekbestuurskomitee, sê die skool, ’n dubbelmedium, sal bekend staan as die Laerskool Vredekloof/ Vredekloof Primary School.

“Onderhoude vir ’n nuwe skoolhoof is reeds afgehandel en ’n aanbeveling is deur die beheerliggaam gemaak. Dit is tans by die onderwysdepartement vir goedkeuring,” sê Brynard. Hy verwag dat die aanstelling teen 1 Oktober van krag sal wees.

“Aanstellings vir nuwe onderwyspersoneel en besluitneming oor skooldrag sal eers in die laaste termyn van vanjaar geskied,” sê hy.

Skoolfooie sal ook later bepaal word nadat ’n nuwe beheerliggaam aangestel is.

Brynard en die interim-beheerliggaam is wel bekommerd oor die groot getal navrae wat hulle ontvang het van kinders wat nie plek kon kry by die ander Brackenfell-laerskole nie. “Ons is in kennis gestel dat daar reeds kinders is wat in Brackenfell woonagtig is, maar nie by die ander laerskole geholpe geraak het nie, omdat hulle reeds vol is” sê hy. Volgens Brynard het baie van die kinders reeds by die nuwe Laerskool Vredekloof navraag gedoen.

Volgens Brynard sal die nuwe aansoeke behartig word deur die onderwysdepartement in samewerking met ’n komitee wat bestaan uit afgevaardigdes van omliggende skole.

Sien www.vps.org.za vir meer inligting.

Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.