Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Só word eenheid, moreel bevorder

’n Span brandweermanne was onder dié wat die afgelope naweek aan die gewilde Cape Town Tens-rugbytoernooi deelgeneem het.

Voor die verskillende brandweerstasies in 2004 onder die Stad Kaapstad se vaandel verenig is, was daar verskillende brandweer-rugbyspanne onder die onderskeie munisipaliteite.

’n WP-brandweerspan is ook gekies, maar Cheslyn Benn, senior brandweerman, vertel dit het egter doodgeloop ná die samesmelting. “Verlede jaar het ons weer ’n brandweer-rugbyspan begin,” sê hy.

Dié span het in die WP-reserweliga gespeel – teen die derde en vierde spanne van klubs wat nie lotings gekry het nie. Benn sê die brandweerspan was ook deel van die Interforces – dit is nou die weermag, lugmag, korrektiewe dienste, die vloot – almal saam in een liga.” Vanjaar is hulle weer in die reserweliga en by die Interforces betrokke.

Verlede Woensdag het TygerBurger gaan inloer by die brandweerspan se oefening by die Goodwood-rugbyklub. Ná afloop van die oefening het die manne hul splinternuwe truie wat MSB Sportswear (in Stikland) borg, in ontvangs geneem waarmee hulle die naweek aan die Cape Town Tens deelgeneem het. Benn sê hulle het die geleentheid gekry danksy die Stad Kaapstad se samewerking met die organiseerders van die toernooi. “Dit was ’n groot verassing vir ons. Die ouens is baie opgewonde!”

Maandag het Benn, ook die spankaptein, gesê hulle het dit regtig geniet en die wedstrydbeamptes het die span geloof vir hulle dissipline.

Benn sê daar is baie jong manne in die brandweer wat blootgestel word aan verskriklike dinge.

‘‘Brandweerrugby is ’n manier om die moreel en die eenheid onder die manne te bevorder en om die ouens ’n bietjie van ’n wegbreek te gee van hul job,” het hy gesê.

Hy sê hulle gaan speel in verskillende gemeenskappe en die mense ontvang hulle met ope arms. Die idee is dat mense hulle ook in ’n ander lig sal sien, sê hy.

‘‘Mense sien ons as daar dood, pyn en rampe is. Ons wil vir hulle die positiewe kant van brandweermanne wys.”

Hy noem die aanrandings en rooftogte waar die brandweer en ander nooddienste geteiken word, en sê hulle is ook net gewone mense. Deur sport saam te speel is ’n manier om vir die gemeenskappe te wys ‘‘ons is saam met julle – ons is daar om te help’’, verduidelik hy.

Sport is ’n goeie manier om ’n bietjie stoom af te blaas. Benn sê van die manne se vroue het al vir hom kom sê hulle is so bly dat hul mans deel daarvan is, want nou is hulle beter persone by die huis en nie meer so stressed out nie – meer ontspanne en lag meer. “Dis wat sport doen,” sê hy.

Dis vir die manne lekker om nie net saam te werk nie, maar ook saam te speel. Hulle verstaan waardeur hul spanmaats gaan en dit bou nog spangees, sê Benn. Hy sê dis ook vir hulle lekker om die brandweer op die sportveld te verteenwoordig.

En nou, danksy die borg wat hulle gekry het, kan hulle ook “spiekeries” lyk as hulle op die veld draf. Benn sê die span het nie juis veel hulpbronne nie en hulle is baie dankbaar vir die truie en ook vir die Goodwood-rugbyklub vir die gebruik van hul geriewe.

As enigiemand die brandweerspan wil help met toerusting, kan hulle Benn kontak by Cheslyn.Benn@cityofcapetown.gov.za

Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.