Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jong spelers ontmoet hul helde

’n Groep jong rugbyspelers van Blackheath het onlangs die geleentheid gekry om hul sewesrugby-helde van nader te sien.

Die Suid-Afrikaanse sewesrugbyspan, ook bekend as die Blitsbokke, het onlangs in Dubai ’n toernooi gewen en het die afgelope naweek in die Kaapstad-stadion aan die Suid-Afrikaanse deel van die Wêreld Sewesreeks deelgeneem. Verlede week het hulle ook in die Moederstad geoefen.

Blackheath Rugby Boys is onlangs gestig met die uitsluitlike doel om kinders ’n alternatief vir verkeerde dinge te gee.

Hierdie kinders word aan soveel negatiewe goed blootgestel en rugby word as metode ingespan om hulle nuwe perspektiewe te gee.

Winslow Mullins, een van die stigters van Rugby Boys, sê dit is belangrik dat die kinders aan hul helde blootgestel word. “Ons moet daardie siklus verbreek dat die helde in die gemeenskappe die bendelede met hul blink juweliersware en motors is. Hierdie kinders moet positiewe rolmodelle hê sodat hulle kan strewe om beter mense te word,” sê Mullins.

Volgens hom was die kinders in ekstase om hul helde soos Cecil Afrika en Seabelo Senatla van naby te sien.

“Soms is dit belangrik dat hulle sien dat hul helde net gewone mense is wat bo hul omstandighede uitgestyg het en suksesvol is. As jy mense op televisie sien, kan dit in ’n stadium voel asof hulle nie regte mense is nie. Nou sien die kinders hul helde is van vlees en bloed. Hierdie geleentheid kan hul lewe vir ewig verander,” sê Mullins.

Hy sê verskeie mense het daartoe bygedra dat hulle kon bekostig om die kinders na die Hoërskool Bishops, waar die Blitsbokke geoefen het, te neem.

“Ons wil iets goeds met die kinders bereik, maar sonder die hulp van ander sal dit nie moontlik wees nie. Ek bedank dus elkeen wat ’n bydrae gelewer het om hul uitstappie suksesvol te maak.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.