Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Stappers genooi om in die natuur te stap

Die Bellville-voetslaanklub nooi alle stappers wat lief is om in die natuur te stap en die natuurskoon te geniet om op Saterdag 18 Mei vanaf 08:00 Kat se pad in Franschhoek te gaan stap.

Die koste is R120 per persoon (R80 vir vervoer, R40 vir ’n permit). Stappers met ’n Wild Card hoef nie vir ’n permit te betaal nie.

Die reisafstand is 120 km en die dag se staproete begin by die Mont Rochelle-natuurreservaat en strek daarna al langs die Franschhoekpas na die Jan Joubertsbrug en terug. Stappers moet versigtig wees as hulle die teerpad kruis.

Op 25 en 26 Mei begin die Kaappunt-naweekstap om 07:00. Die koste is R577 (R150 vir vervoer, R147 vir ’n permit en R280 vir verblyf). Toegang vir stappers met ’n Wild Card is gratis. Die stapleier is Marius Carstens en die reisafstand is 180 km.

Op Saterdag 25 Mei sal stappers om 07:00 vertrek na die Kaappunt Nasionale Park. Eers word die motors parkeer by die Rooikrantz-oornaghutte voordat die staproete van 13 km begin. Die staproete strek oor Judaspiek, Die Boer en Kanonkop en besoek ook Booi se Skerm en Buffelsbaai. Bel Santie van Deventer by 072 196 9876 met navrae.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.