Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Talle eende vrek

Inwoners in Durbanville was geskok om die afgelope naweek talle dooie eende of eende wat besig was om te vrek by die Sonstraaldam te vind.

Daar is op Whatsapp-groepe wyd bespiegel wat die oorsaak van die eende se vrekte is. Die vrekte was aanvanklik net onder die wit eende, maar later ook onder ’n paar kolganse.

Daar is bespiegel of die eende vergiftig is, en of hul vrekte veroorsaak is deur die bakteriese siekte voëlbotulisme (Avian Botulism).

Toe TygerBurger Maandag laatmiddag by die dam was, was daar ten minste 10 dooie eende en kolganse rondom die dam of in die vlak water. ’n Stank het om die dam gehang. Slegs een verlore wit eend het nog daar rondgeswem.

Volgens ’n inwoner, Tania Addinall, het sy Sondagmiddag met haar honde gaan stap toe sy die dooie eende opmerk.

Sy het een van die eende in haar vrieskas gesit en hoop dat dit getoets kan word vir die oorsaak van die eende se vrekte.

Inwoners het die Stad Kaapstad se wetstoepassingsafdeling, asook die Dierebeskermingsvereniging (DBV), gekontak. Laasgenoemde het twee siek eende saamgeneem, vermoedelik vir toetse om die oorsaak van hul vrekte vas te stel.

Die klagtes is na die Stad se rekreasie- en parke-afdeling verwys.

Volgens Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, was amptenare van die Stad se rekreasie- en parke-afdeling Maandagoggend by die dam en is 14 karkasse verwyder.

“Dit word vermoed dat die vrektes deur voëlbotulisme veroorsaak word. Dié siekte is dodelik vir voëls,” het sy gesê.

Volgens die webblad www.usgs.gov van die United States Geological Survey word botulisme veroorsaak deur die bakterie Clostridium botulinum, wat algemeen in grond voorkom. Die siekte verlam voëls sodat hulle nie kan vlieg of selfs hul koppe kan oplig en dit lei tot verdrinking. Dié spesifieke voëlbotulisme affekteer nie mense nie.

Volgens inligting aan TygerBurger verskaf, is dit ’n normale verskynsel vir hierdie tyd van die jaar en gaan dit gepaard met warm weer soos verlede week ondervind is. Dit kom ook by sommige ander damme in die Stad voor.

Badroodien het gesê dieekologiebestuurseenheid van die Stad se rekreasie- en parke-afdeling werk tans nóú saam met die omgewingshulpbronbestuurseenheid om die situasie by die dam te ondersoek en te monitor.Die karkasse word begrawe om te voorkom dat die siekte verder versprei.

Volgens Badroodien is al wat die Stad kan doen om te verseker dat al die karkasse versamel word en op die regte wyse mee gehandel word om die verdere uitbreek van die siekte te voorkom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.