Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tiere wys staal in CrossFit

Vyf spanne van die Hoërskool Tygerberg se FitBox Plattekloof-fasiliteit het die afgelope naweek (26 tot 28 Oktober) aan die CrossFit-kompetisie, Clash in the North, deelgeneem.

Edja de Meyer (graad 12), H.D. Stemmet (graad 11) en John-Henry Pienaar (graad 12), wat vir die eerste keer aan die kompetisie deelgeneem het, het in die RX-kategorie deelgeneem en hulle goed van hul taak gekwyt.

Bekende en ervare Crossfitters soos A.J. Visser het ook in hierdie kategorie deelgeneem. Allessandro Dirk, Tandile Hoyi, Jean-Pierre Matthee, Demi Murray (almal graad 12), Marshaleno Valensky (graad 10), Tammy Senger (graad 10) en Megan Mangiagalli (graad 9), waaruit twee leerderspanne saamgestel is, het aan die scaled-kategorie deelgeneem en is deur GNG Capital geborg.

Surita Sloane, die Hoërskool Tygerberg se sportorganiseerder, het saam met haar spanlede, Michael Roberts en Harry Wardeck, ’n tweede plek in die scaled-kategorie behaal. Gavin Beresford, departementshoof en eerstespan-rugbyafrigter, Ruan Mostert, onderwyser en o.16-rugbyafrigter, het saam met Helet van der Merwe van Somerset-Wes ’n derde plek in hierdie kategorie behaal.

FitBox-Plattekloof, wat sy deure in Augustus 2017 op die skool se perseel oopgemaak, word gratis deur leerders gebruik om hul vaardighede en kondisionering te verbeter.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.