Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Trekkerklub help dierevriende

Ook die mens se viervoetige vriende loop deur as gevolg van die koronavirus-pandemie.

Daarom het lede van die WP Veteraantrekkerklub in Kaapstad hulle ontferm oor die honde by Imagine Animal Dreams se hondeskuiling in Joostenbergvlakte.

Klublede het 310 kg hondekos ingesamel vir die sowat 70 honde wat tans daar gehuisves word.

“As diereliefhebbers lê die saak ons na aan die hart. Die idee het gespruit uit die droogtehulpskenkings wat die klub in die Kerstyd aan boere in Loeriesfontein gemaak het,” sê Hannes Rheeder, voorsitter van die klub.

Tracy Richardson, woordvoerder van die dierewelsynorganisasie, sê hulle gebruik tans sowat 40 kg hondekos per dag.

“Sedert die begin van die grendeltyd het ons ’n groot toename beleef in mense wat hul troeteldiere weggee.

“Mense daag gereeld by ons hekke op met honde waarna hulle weens ’n geldtekort nie meer kan omsien nie,” sê sy. So ook het baie van die organisasie se borge opgedroog.

“Nes baie ander ondernemings beleef ons gereelde weldoeners ook ’n baie moeilike tyd.

“Elke bietjie hulp wat ons kry, gaan om ons diere vir nog ’n maand te onderhou.”

Kontak Imagine Animal Dreams by 072 462 2664.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.