Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Tygerberg-spanne vaar goed

Die Hoërskool Tygerberg se sewesrugby-en eerste netbalspanne het verlede week onderskeidelik aan die Dubai-sewesrugbytoernooi en die Invitation Netball Tournament, wat deel is van die sewes-toernooi, deelgeneem.

Die netbalspan het Dubai College met 10-3 geklop en gelykop teen Jess Jems gespeel. Die span het nederlae teen Hoërskool Noordheuwel (5-10) en teen Abu Dhabi (11-12) gely. Tygerberg het Jumeirah College toe met 12-7 geklop en derde in hul groep geëindig. Hulle klop Dubai College met 7-6 in die kwarteindronde en klop die Jess Jems met 10-3 in die halfeindronde. In die eindronde moes hulle egter die knie teen die Dolphins buig.

Die rugbyspan het met 5-26 teen die North American Lions verloor en die All Stars met 17-12 geklop. Daarna reken die span af met die KZN Barbarians (33-12) en het tweede in hul groep geëindig. In die kwarteindronde klop hulle die Brussels-Sewes-ontwikkelingsspan met 36-17, maar het toe teen die Northern Gladiators vasgeval.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.