Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Valke lê beslag op perlemoen

Die Valke het verlede week in samewerking met misdaadintelligensie en die nasionale bosbou-en-visseryedepartement toegeslaan op ’n onwettige perlemoen-verwerkingsaanleg in ’n luuksewoonkompleks in Brackenfell.

Die klopjag het op Dinsdag 23 Februarie plaasgevind. Perlemoen van meer as R2,7 miljoen is gevind en twee verdagtes, 26 en 36 jaar oud, is in hegtenis geneem.

Volgens Zinzi Hani, ’n woordvoerder van die Valke, is daar beslag gelê op 5 837 gedroogde perlemoene by die wooneenheid in Willow Creek in die suide van Brackenfell.

“Met die operasie gaan die Valke volstoom voort met die taak om onwettige perlemoenaanlegte in Kaapstad af te takel,” sê Hani.

Die verdagtes het Donderdag 25 Februarie in die Kuilsrivier-landdroshof verskyn op aanklag van die onwettige bedryf van ’n perlemoenverwerkingsaanleg.

In November 2017 is perlemoen van R5 miljoen in ’n verwerkingsaanleg in Brackenfell gevind en in Julie dieselfde jaar het die polisie toegeslaan op ’n plaas langs die Bottelarypad, waar meer as 30 000 perlemoene gevind is. Op ’n perseel in Okavangopark is vier bokse gedroogde perlemoen gevind – verpak en gereed vir uitvoer.

Die delikate seekoslekkerny, ’n bedreigde spesie in die Kaapse waters, word meestal uit die land uit gesmokkel waar dit op restaurantborde in China en Hongkong eindig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.