Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Van Wyk lewer ’n kragtoer op verhoog

Hannes van Wyk vertolk vanjaar weer die rol van Reghardt Roberts van Aswegen wie se hele lewe, menswees en bestaan om die een vrou draai wat hom in die lewe gebring het, in die eenmanstuk Sê Groete vir Ma.

Ná uitverkoopte vertonings in 2019, is daar besluit om hierdie jaar ’n landswye toer te doen met datums reeds vasgemaak by Die Boer in Durbanville asook die Woordfees en KKNK.

Sê Groete vir Ma is ’n drama waarin die lag en die traan baie na aan mekaar loop: die band tussen ’n ma en haar kind, hulle lewensreis saam en hoe ons soms ons grootste foute kan verdedig omdat dit uit liefde gedoen is.

Dit vertel die storie van Reghardt se vormingsjare – ’n sensitiewe kind wat op ’n plaas groot word en die dinge van manwees en “man-word” gou moet kop – sy pa, sy nie-so-slim broer, Dewald en sy veerpoothoender, Knoop, wat hom van die dood geleer het, en die pyn en vernedering van tiener-wees.

Dit is ’n knop-in-die-keel, tong-in-die-kies kykie na die dinge waarmee die meeste mense hulle kan vereenselwig. Dit is ’n storie vir elke lid van die gesin en beloof om te sorg vir humor, maar ook lag met ’n traan. Elkeen wat ’n ma het, gehad het of self ’n ma is, moet hierdie stuk sien.

Die Boer (Durbanville - 1-5 Februarie)

Woordfees (Stellenbosch 6-13 Maart)

KKNK (Oudsthoorn 23- 28 Maart)

Verdere datums volg.

Sê Groete vir Ma is van 1-5 Februarie op die planke by Die Boer. Kaartjies kos R155. Bespreek by www.dieboer.com of skakel 021 979 1911.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.