Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Veediefstal-eenheid beste in Wes-Kaap

Die Kuilsrivier-polisie se veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid is op Donderdag 25 Julie aangewys as die beste veediefstaleenheid in die Wes-Kaap.

Agri Wes-Kaap se landelike veiligheidsbeleidskomitee oorhandig elke jaar toekennings aan rolspelers gemoeid met landelike veiligheid. Die bevelvoerder van die eenheid, gebaseer in Faure, is kapt. Petrus Jansen. Die eenheid bestaan uit slegs ses ondersoekbeamptes en twee klerke.

Lt.kol. Johan Smit, koördineerder van die veediefstal- en bedreigde spesie-eenhede in die Wes-Kaap, het in sy motivering gesê die Kuilsrivier-eenheid het ’n 73,18%-opsporingskoers en ’n 97,78%-skuldigbevindingskoers behaal. Dit behels sake waarin verdagtes gearresteer is en voor die hof verskyn het. Die eenheid het 168 sake ontvang en 84 arrestasies gemaak in die afgelope finansiële jaar.

Jansen sê sy eenheid het amptelik in Augustus 2014 tot stand gekom. Die eenheid bedien ’n baie groot gebied, wat nege polisieklusters met 65 polisiekantore en 17 howe vanoor die Kaapse metropool, insluitende Somerset-Wes, Paarl en Atlantis.

Jansen sê veediefstal is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat daar dikwels nie getuies is nie. Die ondersoekbeamptes moet dus op informante of die hulp van spoorsnyers en snuffelhonde staatmaak. Hul mandaat is om enige veediefstal en ander veeverwante misdaad te ondersoek. Dit sluit alle vee soos skape, bokke, beeste, perde, donkies, varke en hoenders in. Beamptes skryf ook boetes uit aan boere wie se diere nie gemerk is, soos vereis word volgens die diere-identifikasie wetgewing nie. Die bedreigde spesie-eenheid het betrekking tot enige verbode of beskermde diere en sluit die handel in renosterhoring, ivoor, reptiele, spinnekoppe en so meer in. In onlangse gevalle het hulle te doen gehad met twee leeuwelpies wat verkoop is en ivoor wat deur’n Chinese burger in juweliersware omskep is om landuit te neem.

Die beeste wat dikwels in die Kuilsrivier-omgewing op straat gesien word, is iets wat Stad Kaapstad se wetstoepassingsafdeling moet hanteer, maar Jansen sê hulle werk dikwels saam met die Stad en die Dierebeskermingsvereniging.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.