Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Veldhospitaal ‘is reg vir virus’

Die nuwe veldhospitaal in Brackengate het op Maandag 20 Julie sy eerste 10 Covid-19-pasiënte ontvang.

Dié hospitaal het ook twee dae later sy eerste gesonde pasiënt ontslaan. Die hospitaal met 330 beddens bied behandeling aan pasiënte wat hospitaalsorg en suurstof benodig, maar nie kritiek siek is nie.

“Dit is merkwaardig om te sien hoe ’n leë pakhuis omskep is in ’n moderne hospitaal.

“Ons is gereed om ’n hoë standaard van gesondheidsdiens aan pasiënte te bied in die stryd teen Covid-19,” sê dr. Barry Smith, uitvoerende beampte by die hospitaal.

Tanduxolo Mkhetshane (49) van Khayelitsha is met matige tot ernstige Covid-19 vanaf die Tygerberg-hospitaal oorgeplaas. Hy is op 22 Julie ontslaan.

“Dit is baie bemoedigend vir die personeel om te sien hoe pasiënte herstel en met hul gesinne herenig word,” sê Smith.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.