Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verdagte vas oor moord op geliefde onnie
bail

’n Verdagte verskyn vandag in die Bellville-landdroshof in verband met die grusame mesmoord sowat vier maande gelede op ’n geliefde onderwyseres by haar huis in Proteaweg in Durbanville.

Dit kom nadat Helga van Wyk (62), ’n onderwyseres by die Hoërskool Monumentpark in Kraaifontein, op Maandag 10 Junie kort na middernag met ’n enkele steekwond in haar hart doodgesteek.

Knap speurwerk het tot dié deurbraak aanleiding gegee. 

Volgens kapt. Marchell Rhode, woordvoerder van die Durbanville-polisie, is die verdagte (29) op videomateriaal gesien waar hy ’n bankkaart gebruik het wat hy op die moordtoneel buitgemaak het. Informante is deur die speurders ingespan om sy identiteit te bepaal.

Die polisie is Donderdag 12 September in kennis gestel oor waar  hy hom bevind. Die verdagte is Vrydag 13 September hegtenis geneem en is die naweek in die Durbanville-polisiekantoor se selle aangehou.

Van Wyk en haar man, adv. Johann van Wyk, was tuis toe die aanval na bewering plaasgevind het. Ook Van Wyk het verskeie meswonde opgedoen en het homself na bewering na die Mediclinic Durbanville gery.

Hy het daar volgens inligting inmekaar gesak en is dadelik na die teater gehaas vir ’n noodoperasie. 

Volgens die polisie was daar geen teken van gedwonge toegang tot die huis nie.Dié moord het groot opspraak verwek en gelei tot talle gissings op sosiale media – soveel so dat die Durbanville-gemeenskapspolisiëringsforum op sy webblad inwoners versoek het om nie verder hoorsê en ongegronde nuus van nie-amptelike bronne versprei te versprei nie.

Die verdagte, vermoedelik van Venda-omgewing, gaan op ’n klag van moord en ’n klag van poging tot moord verskyn.

Sy naam is aan TygerBurger bekend, maar kan nog nie bekend gemaak word totdat hy nie verskyn het nie. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.