Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verkeersligte gestroop

Die verkeersligte wat einde Januarie in Bellville-Suid opgerig is, is gevandaliseer.

Die ligte, op die hoek van Abduraghmanstraat en Peter Barlow-weg, is geïnstalleer om verkeersvloei te help rondom die nuwe Devmark-behuisingskompleks, wat in Glenhaven gebou word.

Volgens Mercia Kleinsmith, raadslid vir die area, is die kabels uitgehaal, asook die meganisme om die verkeerslig te beheer en die verkeerslig self.

Hierdie stroping het in drie fases in die afgelope maand gebeur.

Dit is nog onseker hoeveel dit die Stad Kaapstad sal kos om te herstel. “Dit is absoluut teleurstellend dat ons infrastruktuur so gevandaliseer word,” sê Kleinsmith.

“(Dit) ontrief soveel mense en mors belastingbetalers se geld.”

Sy sê hulle oorweeg dit om kringtelevisie-kameras (CCTV) op daardie hoek te installeer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.