Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vermoorde glo by hof weggewys

Het die gereg die vermoorde Altecia (26) en Raynecia Kortje (7) gefaal?

Dié ma en dogter is verlede week vermoedelik wreed deur Raynecia se pa, Ryan Smith, in ’n huurhuis in Belhar vermoor.

Smith het verlede week op aanklagte van dubbele moord in die hof verskyn.

Wat egter die gemeenskap van Delft, waar hulle by Altecia se ouers gewoon het, dwars in die krop steek, is dat sy om ’n beskermingsbevel aansoek gedoen het, maar dit ten tye van hul dood nog nie toegestaan is nie.

Altecia se pa, Martin Kortje, het verlede week aan TygerBurger gesê sy en die kinders het ’n tyd lank by haar kêrel in Belhar gewoon, maar weens die aanranding het hulle terug huis toe getrek.

Sy is na bewering weens Covid 19-regulasies by die hof weggewys en kon nie die beskermingsbevel bekom nie.

Dit het nou aan die lig gekom die departement van justisie en korrektiewe dienste het die openbare beskermer (OB) gevra om ’n ondersoek te doen oor hoekom sy nie gehelp is nie.

Past. Charles George, voorsitter van die Delf-gemeenskapspolisiëringsforum, sê die gemeenskap soek antwoorde.

“Ons sal nie rus voor ons weet of hul dood verhoed kon gewees het nie.

“Ons sal wag tot die OB se ondersoek afgehandel is, maar intussen moet ons onsself afvra hoeveel mense moet nog sterf aan die hand van mense wat hulle kamstig liefhet?

“Hierdie is ’n siekte wat ons met wortel en tak moet uitroei, maar as die mense wat ons moet beskerm ons faal, dan staan ons beskaamd.

“Dit is goed dat pres. Cyril Ramaphosa die vermoordes se name in sy toespraak genoem het, maar as ’n land is ons lankal verby toesprake. Ons soek aksie,” sê George.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.