Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vermoorde weldoener se dogter het met 'moordenaar' uitgegaan
Iekraam Blaauw word van Johan van der Schenk se mo
Johan van der Schenk (84), se lyk is Maandagmiddag

Byna 20 jaar gelede het ’n Nederlandse weldoener ’n hawelose vrou se lewe verander.

Daardie besluit en ’n aanloop van omstandighede in latere jare, het dalk ook uiteindelik sy dood beteken.

Die man wat in hegtenis geneem is vir die moord op Johan van der Schenk (84) by die Tyger-Waterfront, het voorheen met sy aangenome dogter, Shameega Abrahams, uitgegaan.

Shameega is die dogter van Faranaaz Abrahams, vir wie Van der Schenk in 2001 ’n koffiewinkel gekoop het toe sy toe nog haweloos was en hulle daarmee saam wêreldnuus gehaal het.

Van der Schenk se lyk is verlede Maandagmiddag by sy woonstel in die Tyger Quays-woonstelkompleks in die Tyger-Waterfront aangetref. Hy is verskeie kere met ’n mes gesteek.

Volgens betroubare bronne is die oorledene kaal in die bed gevind.

Iekraam Blaauw (22) het Maandagoggend (18 Mei) op aanklagte van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer in die Bellville-landdroshof verskyn.

Volgens kapt. Jonathan Blanckenberg, woordvoerder van die Bellville-polisiekantoor, was Van der Schenk saam met sy aangenome dogter en die verdagte in die woonstel toe die moord plaasgevind het.

“Daar het ’n stryery in die woonstel ontstaan en die verdagte het die vrou aangerand totdat sy haar bewussyn verloor het,” sêhy.“Toe sy bykom, het sy gesien Van der Schenk is dood.”

Blaauw was soek. Die dogter het die polisie ontbied.

“Die ondersoekbeampte in die saak, o.a. Eldin Siegers, het die verdagte verlede Donderdagaand in hegtenis geneem.”

Daar is ook beeldmateriaal van kringtelevisie wat glo die “persone van belang” se bewegings uitwys, wat deur die polisie bekom is.

Blaauw en Shameega was volgens Facebook in 2019 nog in ’n verhouding, maar is intussen uitmekaar. By ’n foto van hom saam met haar, skryf hy “my love.” Die laaste foto wat hy op Facebook geplaas het, wys ook die Tyger-Waterfront in die agtergrond.

Intussen het mense wat met Van der Schenk te make gehad het, sy heengaan betreur. 

“Hy was ’n baie, baie goedhartige man,” sê Marlies Vos, wat saam met Van der Schenk as trustee by die Bella Vista-aftreeoord gewerk het. 

“Hy het gehelp waar hy kon.”

Sy sê hy was ook hardkoppig, maar ’n baie “regverdige mens”.

“Hy het baie omgegee vir dié wat swaarkry,” sê sy. 

Johan van der Schenk (84), se lyk is Maandagmiddag

Koffiewinkel

Van der Schenk, wat oorspronklik van Den Haag is, het wêreldwyd opslae gemaak toe hy in 2001 vir die hawelose Faranaaz van Manenberg ’n koffiewinkel in Kaapstad gekoop het. 

Volgens ’n News24-berig wat destyds gepubliseer is, het Van der Schenk vir Abrahams tydens ’n besoek aan Kaapstad ontmoet toe sy en haar dogter, Shameega (4), gesit en bedel het.

Faranaaz was toe 21 en het drie kinders gehad wat dikwels by haar was as sy bedel. Hy het eers betaal sodat Abrahams se dogter na ’n dagsorg kan gaan en het ook vir haar ’n emmer gekoop waarmee sy vensters kon was om ’n inkomste te verdien. 

Sy het egter koud gekry en ander werk begin doen – onder meer om groente, vrugte en grondboontjies by ’n stalletjie in Langstraat te verkoop. 

Dit is by dié stalletjie waar Van der Schenk haar later weer raakgeloop het. 

Van der Schenk het aan News24 gesê hy het lank gedink aan ’n manier om haar op die beste manier te help. Hy het toe ’n koffiewinkel te koop gesien en dadelik geweet dit is sy uitweg vir haar. 

Hy het haar met ’n volgende besoek aan Kaapstad weer raakgeloop en besluit om vir haar die koffiewinkel te koop. 

Hy het ook, volgens die berig, vir haar ’n woonstel van R150 000 gekoop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.