Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Verrassing vir ouma (88) in tehuis

Wat aanvanklik maar ’n eensame verjaarsdag sou wees, het gou vir Magda Jones (88) in ’n onvergeetlike ervaring verander toe haar familie vir haar ’n buitepartytjie gehou het.

Jones, ’n inwoner van Residentia Boland (ook bekend as Huis Boland), is soos die meeste ander inwoners van tehuise oor die land heen al etlike weke binnenshuis.

Weens die gevaar van blootstelling aan die Covid-19-virus vir die ouer garde het talle sentrums die afgelope ruk kontak tussen seniors en besoekers beperk.

Jones se venster kyk uit op die straat en haar familie het die afgelope ruk maar in hul voertuie buite gesit en met haar gepraat terwyl sy deur die venster toekyk en saamgesels.

Hulle wou egter iets spesiaals doen om haar verjaarsdag op 13 Junie te vier, sê Jo-Anne Jones, een van Magda se kinders.

Die groep het onder mekaar gekonkel en sowat 16 familielede het oorkant die sentrum in die straat bymekaar gekom.

Jo-Anne het vir Magda gebel en gesê om by die venster uit te kyk. Toe sy haar gordyn ooptrek, het die groep weggespring en in die straat gesing en gedans.

Party het selfs instrumente saamgebring en dit was ’n groot joligheid toe die familielede onder meer op ’n kitaar, tamboeryn en ’n klein trom saamspeel.

“Sy was skoon bewoë, maar het gou gelag en gewaai,” vertel Jo-Anne.

Hierna het elkeen ’n kans gehad om oor die foon vir Magda te sê wie hulle is omdat hulle almal maskers gedra het.

Ander inwoners het ook uit hul vensters saamgekyk en hulle praat glo nou nog oor die pret van daardie oggend.

Die kuier was vir elkeen ’n balsem, want die verlange aan ’n drukkie het die afgelope ruk groot geword, sê Jo-Anne.

Sy het egter baie respek vir hoe Huis Boland sy inwoners beskerm.

“Ek sou dit nie anders wou hê nie. Sy is veilig daar en die mense is wonderlik.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.