Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Volmaanpiekniek die perfekte Nuwejaarsvoorneme

Soms is alles net maanskyn en rose, veral as jy die volmaan van nader bekyk op ’n heerlike somersaand op die beeldskone Paarlberg.

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument se eerste Volmaanpiekniek van 2020 vind plaas op Vrydag 10 Januarie.

Dié pieknieks is baie gewild onder plaaslike inwoners én oorsese besoekers, wat veral die sonsondergang en pragtige naguitsig van die vallei geniet. Besoekers kan enige tyd tussen 17:00 en 22:00 gaan piekniek hou. ’n Gratis begeleide toer wat onder meer die simboliek van die monument, beeldhouwerk sonder weerga, verklaar, word om 18:30 aangebied. Besoekers word ook aangemoedig om die omgewing te verken en daar is buitelugspeletjies en speelparke vir die kinders.

Gaste is welkom om hul eie piekniekmandjies te bring of een vooraf te bestel (R300 vir twee persone, of R400 met per mandjie ingesluit) by die koffiewinkel op 021 863 2800. Dit sal oop wees vir koffie en ligte verversings asook pizza. Onthou ook warm klere en ’n flits.

Toegang is R40 per volwassene, R10 vir studente en pensionarisse en R5 vir kinders (gratis onder ses jaar). Kaartjies is beskikbaar by Computicket of die hek. Jaarpermitte is beskikbaar teen R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit. Die piekniekreeks word aangebied ten bate van “Laat ons Lees!”, die Taalmuseum se geletterdheidsprojek vir kinders, en besoekers word versoek om ? nuwe of tweedehandse kinderboek te skenk.

Vir meer inligting oor ander opwindende geleenthede by die Taalmonument (wat 45 jaar in 2020 vier), skakel 021 863 0543/4809, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.