Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Vrou van Blackheath maak maskers

’n Vrou van Blackheath het die behoefte aan maskers in haar gemeenskap raakgesien en dadelik besluit om iets daaraan te doen.

Fransina Jafta sê dit het haar bekommer dat inwoners van Blackheath sonder maskers rondgeloop het.

“Ek is baie bekommerd dat dit baie mense se lewens kan kos as die virus in ons gemeenskap kom. Jy kry mense wat net nie omgee nie, maar omdat ek al lank in die gemeenskap werk, weet ek daar is mense wat net nie kan bekostig om ’n masker te koop nie. Voor die inperking het mense gesukkel en nou sukkel hulle nog meer. Dis ’n keuse tussen R10 vir ’n masker of R10 vir ’n brood. Ek wil help dat mense nie daai keuse hoef te maak nie,” sê sy.

Jafta, wat oor naaldwerkvaardighede beskik, het dadelik ingespring en begin maskers maak.

“Iemand het nog voorgestel dat ek die maskers verkoop, maar ek wil nie geld maak uit ’n krisis nie. By my huis het ek nog oorskietmateriaal gehad en het maskers begin maak. Hierdie maskers het ek by die nabygeleë winkelsentrums in die rye gaan uitdeel. As ek mense op straat sonder maskers sien, het ek vir hulle ook gegee,” sê Jafta. Sy sê sy is nou besig om nog maskers te maak wat sy in plekke soos Happy Valley wil uitdeel.

“Ek wil almal met naaldwerkvaardighede uitdaag om hul dienste aan te bied om die mense in hul gebiede te help. Dit is nie moeilik om maskers te maak nie en as mens daaraan dink, kan dit iemand se lewe red.

“Al manier hoe ons die virus kan klop, is as almal ’n bietjie doen. Ons almal hoef nie maskers te maak nie. Sommige kan kos maak en uitdeel en op só ’n manier ’n bydrae tot die gemeenskap lewer,” sê Jafta.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.