Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Durbanville
Vrou verloor byna baba
Polisie-hardhandigheid: vrou in kraam aangehou; as ‘tikkop’ veroordeel
’n Hoogswanger vrou, wat in hegtenis geneem is nadat ’n hoeveelheid dagga op die grond buite hul huis op hul kleinhoewe buite Durbanville gevind is, het byna haar baba verloor nadat sy in die Durbanville-polisieselle begin bloei en ure later geboorte aan ’n brugbaba gegee het.

Ondanks Joëlle Levett (36) se pleidooie dat sy besig is om in kraam te gaan, het die polisielede voortgegaan om haar papierwerk vir verskyning in die landdroshof voor te berei en haar vir meer as agt ure in ’n sel met urine op die vloer by die Durbanville-polisiekantoor aangehou.

Dit was tussen 17:00 en 18:00 toe ek besef ek is besig om in kraam te gaan en het teen die seldeur geslaan.
Joëlle Levett
Volgens haar is sy vir ’n “tikkop” veroordeel en “soos crap” en onmenslik behandel, en het die polisiebeamptes, en ook later die ambulanspersoneel – nadat die polisie aan hulle laat blyk het sy is ’n “tikkop” – te kenne gegee “sy sit aan” en dat sy voorgee om in kraam te wees. ’n Polisievrou het onder meer gesê sy lieg en haar gedreig sy sal haar “die hele naweek in die selle laat sit”.

Haar babadogtertjie is skaars 12 minute nadat sy by die Tygerberg-hospitaal aangekom het, natuurlik gebore. Die hospitaalpersoneel was nog besig om die teater voor te berei vir ’n keisersnee, omdat dit ’n brugbaba was en haar naelstring om haar nekkie gedraai was, toe sy haar opwagting maak.

Volgens Joëlle het die dokter aan haar bevestig daar was mekonium in haar vrugwater, wat ’n teken van stres was. ’n Pasgebore baba kan asemhalingsprobleme ontwikkel as mekonium in die baarmoeder ingeasem word. Joëlle en haar lewensmaat, Mark Viviers, het nog nie die verlies van hul doodgebore babadogtertjie op 13 Oktober verlede jaar verwerk nie – vier weke voor haar verwagte geboorte, en hulle het vir die ergste gevrees. Hulle het ook drie ander kinders.

Mark het aan TygerBurger gesê hul babadogtertjie het die eerste week van haar lewe nie ’n geluidjie gemaak nie.

Volgens Joëlle was sy so getraumatiseerd deur die polisie se kru optrede dat haar dokter medikasie voorgeskryf het vir angs en paniekaanvalle, asook hoë bloeddruk, wat volgens die dokter ook te wyte aan stres kan wees.

Sy het aanmekaar gehuil en dit het haar ’n week geneem om emosioneel sterk genoeg te voel om die geboorte van hul baba aan te kondig, het sy aan TygerBurger gesê.

Dit het gevolg nadat die lede van die Durbanville-polisie se misdaadvoorkomingseenheid voorverlede Donderdag omstreeks 11:00, oënskynlik sonder die nodige visenteringslasbrief, by hul huis in Mikpunt opgedaag het. Sy was alleen tuis.

Hulle het die perseel deursoek en buite die huis op die grond glo ’n hoeveelheid dagga, wat los op die grond gelê het, gevind.

“Ek het herhaaldelik aan hulle gesê ek weet nie waar die dagga vandaan kom nie. Ek rook nie dagga nie.”

Sy het aan TygerBurger gesê dis moontlik die dagga is daar geplant, aangesien hulle ’n vete met ’n buurman het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.