Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Warriors reik uit

Die nie-winsgewende organisasie South African Water Warriors (SAWW) het aan die begin van Julie altesaam 29 voertuie gelaai met skenkings aan twee gemeenskappe in die Noord-Kaap.

Aangesien Deon Smit, ’n afgetrede brandweerman van Goodwood, ’n passie het om water te bespaar, het hy SAWW in 2018 begin met die doel om water by die publiek en ondernemings in te samel en dit dan met die hulp van vrywilligers na gebiede te versprei waar nood is.

Die jongste uitreikprojek het op Saterdag 4 Julie plaasgevind.

“Een van die lede het ook vanaf Pretoria by die konvooi aangesluit. Altesaam 180 gesinne en werkers het skenkings ontvang op Brandvlei, wat ook die eerste aflaaipunt op die roete was.

“Weens die inperking het net enkele ontvangers die konvooi met baie gasvryheid en dankbaarheid ontvang.

“Die 150 km-grondpad tussen Brandvlei en Van Wyksvlei het sy eie uitdaging gebied – met ’n spanpoging deur die vrywilligers om ’n paar bande om te ruil. Almal het darem veilig by die tweede bestemming, die dorp, aangekom,” verduidelik Smit.

Hy sê donasies vir 200 gesinne van Van Wyksvlei is afgelaai.

“Vier vragte voer is reeds tussen gemeenskappe verdeel en boere het ook mielies as skenkings ontvang. Boodskappe van dankbaarheid het reeds Sondag begin instroom.”

In Februarie het SAWW water en kos aan die gemeenskap van Kenhardt geskenk.

Volgens Smit is die droogte glad nie verby nie. “Die mense kry bitter swaar. Ek het weer eens die werklikheid en impak daarvan daardie naweek in Julie besef. Ons sal aanhou help soveel as wat ons donasies ons toelaat. Ons bedank graag alle donateurs, asook die fantastiese vrywilligers wat op hul eie koste dit moontlik gemaak het dat ons die donasies kon vervoer.

“Die organisasie is reeds besig om die volgende uitreikprojek te beplan en sal binnekort alle besonderhede op ons Facebook-blad bekendmaak.

“Sluit gerus aan en ondersteun boere en werkers in die droogte deur deel te raak van die South African Water Warrior-familie.

“Donasies is nou weer broodnodig om met die volgende uitreikprojek soveel ‘hoop’ te kan gaan aflewer,” sê Smit.

  • Kontak Deon Smit by 082 738 2702 of deon@sawaterwarriors.org met navrae.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.