Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Welsynswerker nog vol skop ná 40 jaar

Sy is al veertig jaar lank op die voorpunt van welsynswerk in Kleinvlei, maar ophou gaan sy ook nie gou nie.

Sophia Kannemeyer (sy word eersdaags sestig) sê sy het in 1980 haar gemeenskap begin dien en het nog net plesier daaruit geput.

“Ek het aanvanklik begin deur mense te help sodat hulle regeringstoelae kan kry en nie uit hul huise gesit word nie. Toe ek weer sien, is ek by alles en nog wat betrokke,” sê Kannemeyer.

Sy het later by die Kleinvlei-polisie se traumakamer begin werk.

“Om met mense te werk, is my passie. Ek kan nie my lewe die afgelope vier dekades indink sonder dat ek met mense en hul uitdagings gewerk het nie. In my lewe was daar ook uitdagings, maar ek het eerder op die probleme van ander mense gefokus. Dit het my lewe fokus gegee en ek het baie plesier daaruit geput,” sê Kannemeyer.

Sy diens tans in ’n skoolbeheerraad en is betrokke by sopkombuise vir minderbevoorregtes en verskeie ander projekte.

“Solank ons mense nog deur moeilike tye gaan, sal ek nooit kan rus nie. Ek raak binnekort 60, maar ek het nog genoeg energie om aan te gaan. My gemeenskap het my nodig,” sê sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.