Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Wiele gee vlerke aan drome

Danksy ’n bydrae deur ’n plaaslike sekerheidsfirma in Durbanville kan ’n student tussen sy klasse by die Universiteit Stellenbosch fietsry, sodra klasse weer hervat word.

Volgens Hedwig Moore, trustee en studentementor van die Wings Trust, dra dié oorsese trust elke jaar by tot die studie van drie studente uit die Drakensteinvallei.

Een van die drie kandidate vanjaar is Michael Goodall (21), wat in die Andrew Murray-kinderhuis in Wellington grootgeword het.

Michael, wat vir die graad BA (Sportwetenskap) studeer, is ook ’n kranige rugbyspeler, onder meer vir Boland op skool en vir die Lions ná skool – “met die droom om veral minderbevoorregte kinders eendag as sportonderwyser af te rig”, sê Moore.

“Op kampus het hy gou besef hy gaan sukkel om betyds tussen sy praktiese en teoretiese klasse op verskillende uithoeke van Stellenbosch te kom en het dringend ’n fiets benodig,” sê Moore.

’n Fietswinkel in Wellington, wat self tans in die swak ekonomie vasgevang is, het hom ruim afslag op ’n fiets aangebied het, maar kon nie verder bydra nie.

“Nadat vele deure toegemaak het, het Gardier Security Services tot sy redding gekom om die uitstaande bedrag van die fiets te borg en daarmee met ’n paar wiele vlerke aan ’n kinderhuiskind se drome gegee,” sê Moore.

“Dis nodig om maatskappye en ondernemings wat ’n ekstra myl in die gemeenskap loop, erkenning te gee,” sê sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.