Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Bekende tree af

Daar is in die Tygerbergstreek talle bekende sportpersoonlikhede, maar Petrie Stofberg, ’n onderwyser verbonde aan die Hoërskool Brackenfell, tel sekerlik onder die heel bekendste plaaslike sportadministrateurs.

Nou het die 60-jarige Petrus Johannes Stofberg egter aftree-ouderdom bereik – nadat hy in sy volle onderwysloopbaan van 35 jaar net aan die een skool verbonde was.

Sedert hy in 1985 by Brakkeland met ’n betreklik klein leerlingtal van 600 ingeval het – ’n getal wat intussen aangegroei het tot 1 448 jongelinge, het hierdie onderwyser in handelsvakke deur die jare diep spore in die samelewing getrap.

As die hoofman van sportaktiwiteite by HS Brackenfell het hy ’n integrale rol gespeel om dit een van die voorste rugbyspelende skole in die Wes-Kaap te maak.

Ook as hoogspringafrigter in die atletiekseisoen het hy ’n aandeel gehad aan die ontluiking van verskeie topatlete.

Dit is hierdie betrokkenheid by sport wat meegebring het dat hy die afgelope sewe jaar die sekretaris van die WP se hoërskole-rugbyunie was; dat hy jare lank ’n bestuurslid van die WP se noordelike atletieksone was; en dat hy as bestuurder en afrigter van spanne betrokke was by vele nasionale toernooie en byeenkomste.

Petrie praat van sy “pot vol herinneringe” as hy verwys na al die rugbytoere wat hy saam met verteenwoordigende spanne na Argentinië, Italië, Uruguay, Hongkong en Maleisië onderneem het.

Sy besondere liefde vir rugby laat hom in ons gesprek ook terugdink na toe hy 50 jaar gelede as ’n negejarige tjokkertjie die voorreg gehad het om op Stellenbosch vir ’n wyle deur die beroemde dr. Danie Craven afgerig te word.

Voorts weet duisende mense van sy ander groot voorliefde – die spyseniering en voortreflike kosmakery by sportsaamtrekke by die Hoërskool Brackenfell.

“Al hierdie dinge het gemaak dat ek net te besig was om ooit aan trou te dink,” merk die alleenloper op. Dit was sy ma, Bybie, en suster, Joretha, wat Petrie deur die jare al die fynere kunsies van kosmaak geleer het.

En nou, wat gemaak as die skooldeure oor ’n week of twee vir oulaas agter hom toeklap? “Daar is drie dinge,” antwoord hy, “ek het my verbind om volgende jaar nog steeds te help met die hoogspringatlete by die skool. Andersins wil ek net rustig wees by die huis, en in die nabye toekoms sal ek graag lande soos Spanje en Portugal wil gaan bekyk.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.