Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
Brackenfellers ryg die medaljes in

Die Combat Tang Soo Do Prosperity-dojang in Brackenfell het pas teruggekeer van Londen en spog met drie wêreldkampioene ná hul deelname aan die WWTF (World Wide Tang So Do Family)-wêreldkampioenskap.

Suid-Afrika het altesaam 113 medaljes verower, waarvan die span van Brackenfell 14 medaljes bygedra het.

“Daar was 19 lande wat aan die toernooi deelgeneem het,” sê subonim Peter Johansen, hoofinstrukteur.

“Die opkoms was groot en die standaard van die Tang Soo Do was hoog, soos verwag sou word by so ’n toernooi. Die lede moes behoorlik uithaal en wys en elke medalje wat gewen is, is beslis verdien. Die kompetisie was taai, maar ons voorbereiding was goed en ons kon dus met baie positiewe uitslae terugkom,” sê hy.

Peter Johansen (swaardkuns), Tiaan Johansen (langstok) en Alexander Cronje (puntegeveg) is die wêreldkampioene.

Die uitslae van die Brackenfell-span is as volg:

. Subonim Peter Johansen wen goud vir swaard en silwer vir kortstok;

. Tiaan Johansen verower goud vir langstok, brons vir moderne vorms en brons vir kortstok;

. Alexander Cronje spog met goud in die puntegeveg-afdeling, silwer vir moderne vorms, silwer vir tradisionele vorms en brons vir kortstok;

. Lenize Walters wen silwer vir puntegeveg, brons vir swaard en brons vir langstok;

. Janéne Heyneke het silwer gewen vir die puntegeveg;

. Ivan Roux ontvang silwer vir langstok.

. Miane Koch het ’n vierde plek behaal vir tradisionele vorms.

“Ek is baie trots op die groep en glo ons skool gaan net van krag tot krag. Ons begin reeds met voorbereiding vir die volgende wêreldkampioenskap, wat in 2021 in Maleisië plaasvind,” sê Johansen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.