Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Sport
D.F. en Curro deel beker

Die halwe besit van ’n wisseltrofee is darem so ’n klein bietjie vertroosting in plaas van aan die verloorkant te wees in ’n eindstryd.

Die ligakompetisies van die WP Noordelike Stadsgebiede Skolekrieket-streekunie (WPNS) is in Maart vanjaar deur die viruspandemie kortgeknip.

Daarom kon die eindstryde in vier kompetisies nie afgehandel word nie.

Dit is gevolglik na eerskomende Oktober aangeskuif, maar weens die huidige verbod dat geen skolesport-aangeleenthede steeds nie mag plaasvind nie, moes die betrokke skole nou maar noodgedwonge ooreenkom om die louere te deel.

Dit bring mee dat D.F. Malan en Curro Durbanville se o.19A1- en o.19B-spanne die gesamentlike wenners in hierdie twee kompetisies is, terwyl dieselfde geld vir Reddam House Durbanville en Edgemead in die o.19A2-kompetisie.

In die o.14A-kompetisie is HS Durbanville en D.F.Malan die gesamentlike wenners.

Die enigste WPNS-ligakompetisie wat betyds in Maart afgehandel kon word, was dié vir o.15-spanne, waarin Curro Durbanville met Stellenberg afgereken het.

. Hoewel nog geen groen ligte flikker met die oog op skolesport-aktiwiteite gedurende die eerste deel van die komende somer nie, is krieketampsdraers darem steeds hoopvol dat sportbedrywighede vanaf Januarie weer normaal sal verloop.

Alles hang af van op watter vlak van inperking die land is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.